Nuus argief

 

Ons groet Johan Schoeman

Nuus argief >>

Dit is met groot leedwese dat die personeel van die HGG Finansiële Groep die afsterwe van Johan Schoeman, direkteur by HGG Professionele Rekenmeesters Schoeman Gerryts in Durbanville, aankondig. Johan is noodlottig in 'n fietsongeluk beseer.

"Johan was vir 5 jaar betrokke by die HGG-familie en het diep spore getrap in die maatskappy. Sy toewyding en fokus op kliënte was prysenswaardig en sy aandag aan detail was kenmerkend," sê Hendrik Gerryts, hoof- uitvoerende beampte van die HGG Finansiële Groep.

"Ons harte gaan uit na sy vrou Elzette en twee kinders Emily en Isabelle."