Nuus

 

Ons doen iets nuuts …

Nuus >>

Dit is met groot opgewondenheid dat die HGG Finansiële Groep kan aankondig dat ons oor die volgende paar maande ’n paar leefstyl- en sportinisiatiewe gaan borg. “Ons borgskap van hierdie geleenthede onderstreep ons verbintenis om ons kliënte en personeellede se holistiese leefstyle te ondersteun. Finansiële welvaart het net werklik waarde as dit deel vorm van ’n gesonde leefstyl en algehele welstand,” sê die hoof- uitvoerende beampte van die HGG Finansiële Groep, Hendrik Gerryts.

In Oktober keer die TV-leefstylreeks Tyd met Aleit terug wat ons vir die derde agtereenvolgende seisoen gaan borg. Aleit Swanepoel is ’n lojale kliënt van die HGG Finansiële Groep, en ons is trots daarop om met sy uiters gewilde en suksesvolle televisiereeks geassosieer te kan wees.

In November is dit tyd vir die jaarlikse ForwardFund-gholfdag waarby vooraf goedgekeurde begunstigdes baat, veral dié wat met entrepreneurskap, ondernemingsontwikkeling en vrouebemagtiging gemoeid is. Vanjaar se gholfdag word op Donderdag 22 November by die Clovelly-buiteklub gehou en beloof om ’n onvergeetlike geleentheid te wees. Skryf nou in en speel gholf saam met HGG-personeellede, kollegas en vriende.

NUUT: Ons is veral opgewonde om ’n splinternuwe borgskap te kan aankondig wat die HGG Finansiële Groep ’n vennoot in sport- en leefstylaktiwiteite maak. In 2019 gaan die HGG Finansiële Groep twee ryers in die legendariese Cape Epic-wedren borg. Volgende jaar se Cape Epic vind van 17 – 24 Maart plaas oor ongeveer 700 km se bergagtige terrein. Span HGG bestaan uit die ryers Brad Gold en Corné Barnard. Ons gaan hul vordering nougeset dophou terwyl hulle vir een van die taaiste meerdaagse bergfietswedrenne ter wêreld voorberei.

Nou is dit jou beurt om betrokke te raak ...

Ons wil graag weet oor watter sport jy passievol is. Is dit bergfietsry, padfietswedrenne, gholf of hardloop?

Klik hier om ons te vertel wat jou fiks en gesond hou en jy kan die kans staan om een van hierdie ongelooflike pryse te wen:

  • Gholfentoesiaste kan wegstap met … ’n vierbalinskrywing vir die ForwardFund-gholfdag op 22 November 2018.
  • ’n Bergfietsryer kan wegry met … ’n inskrywing vir een ryer om mee te ding in die Origin of Trails-bergfietsbyeenkoms in Stellenbosch van 24 – 25 November 2018, saam met HGG-spanlid Brad Gold.

Die HGG Finansiële Groep nooi jou om deel te wees van die nuwe dinge wat ons in die jaar vorentoe gaan aanpak. Dit beloof om ’n aksievolle rit te wees.