Nuus

 

Ons bankdienste brei wesenlik uit

Nuus >>

Ons het opwindende nuus vir diegene wat op soek is na finansiële dienste van wêreldklas: HGG Welvaart het sy reeks produkte in bankdienste en buitelandse valuta uitgebrei.

“Ons nuwe dienste behels daggeldrekeninge vir beleggingsopsies, aanvraagdeposito’s, vaste deposito’s en termyndeposito’s teen voorkeurkoerse. Ons bied ook steeds ’n wye verskeidenheid buitelandse valutatransaksies teen voorkeurkoerse wat deur HGG Welvaart op verskeie platforms geadministreer word,” sê Niek van den Berg, direkteur van HGG Welvaart.

Kliënte het ook die opsies van oorbruggingsfinansiering en korttermynlenings – alles toeganklik deur die gerief van HGG se kantore.

Hierdie dienste bied kliënte die voordeel van verskeie diens- en spaaropsies met die gemoedsrus dat dit deur die hoogaangeskrewe HGG Finansiële Groep bestuur word. “Ons glo hierdie wye reeks dienste bied aan kliënte die voordeel om die bankdienste-opsie te kies wat elkeen se sak die beste pas. Ons kan toenemend mededingende produkte aanbied wat optimale oplossings vir finansiële behoeftes verskaf,” sê Niek.

“Die opening van elektroniese rekeninge, betalings en onttrekkings vind alles reg hier by ons kantore plaas. Geld is binne twaalf uur beskikbaar. Boonop is die rentekoers wat gebied word, hoër as die gemiddelde bankkoerse.”

Vir meer inligting, skakel gerus vir Niek by niek@hggroep.co.za of 021 851 2778.