Nuus argief

 

Ongelooflike geleenthede wag by HGG

Nuus argief >>

Ons finansiële maatskappy groei vinnig, en ons is op soek na wonderlike nuwe mense wat by ons span kan aansluit. Ons het werksgeleenthede by die volgende kantore beskikbaar:

Somerset-Wes

  • Rekenmeester
    Aansoekers moet hul drie-jaar klerkskap voltooi het en by SAIPA geregistreer wees, of moet nou registreer. Hulle moet ook hul eie vervoer en 'n geldige bestuurslisensie hê. Gebruik asseblief die onderwerp “Accountant: Somerset West” in die onderwerpreël van jou e-pos wanneer jy aansoek doen.

  • Boekhouers
    Aansoekers moet oor die toepaslike boekhouersdiploma beskik. Hulle moet ook hul eie vervoer en 'n geldige bestuurslisensie hê. Gebruik asseblief die onderwerp “Bookkeeper: Somerset West” in die onderwerpreël van jou e-pos wanneer jy aansoek doen.

  • SAIPA- rekeningkundige klerk
    Aansoekers moet of by SAIPA geregistreer wees of van voorneme wees om binnekort by SAIPA te registreer. Kandidate moet oor 'n B Com in Finansiële Rekeningkunde of Finansiële Bestuur beskik (of vir hul laaste jaar van die graad ingeskryf wees). Hulle moet ook hul eie vervoer en 'n geldige bestuurslisensie hê. Gebruik asseblief die onderwerp “SAIPA Accounting Clerk: Somerset West” in die onderwerpreël van jou e-pos wanneer jy aansoek doen.

Hoe om aansoek te doen

Om aansoek te doen, stuur jou CV (nie  langer as drie bladsye nie) na naomi@hggroep.co.za teen 15 November 2015. Meld asseblief in die onderwerpreël van jou e-pos om watter pos jy aansoek doen.