Nuus

 

Nuwe tuiste vir HiB

Nuus >>

Ons trek, maar net ’n hanetree ver … Ons nuwe, moderne kantore is net oor die pad by Faganstraat 11, Somerset-Wes. Met ons nuwe kantoorruimte kan ons ons groeiende kliëntebasis help, en terselfdertyd gerieflik naby die hoofkantoor van die HGG Finansiële Groep by Cloetenburg Place, Faganstraat 10 bly.

Helderberg Insurance Brokers (HiB) bly innoveer en uitbrei, en ons het ’n werksomgewing nodig wat ons groei en passie vir wat ons doen, weergee. Ons bied al langer as 50 jaar verpersoonlikte korttermynoplossings vir kliënte wat soos vriende geraak het. Ons bly jou eerste oproep vir ’n verskeidenheid korttermynversekeringsprodukte, insluitende persoonlike, kommersiële en gespesialiseerde versekeringsprodukte.

Let asseblief daarop dat ons Woensdag 28 Maart 2018 gesluit sal wees vir die trek na ons nuwe kantore. Ons heropen op Donderdag 29 Maart 2018 in ons nuwe kantore, met al ons kontakbesonderhede wat onveranderd bly.

Ons hoop ons sien jou binnekort by ons nuwe tuiste in Faganstraat 11, Somerset-Wes. As jy enige navrae het, moet asseblief nie huiwer om ons by (021) 851-2570 te bel nie.

Johan, Delanie, Edmund, Karen en die HiB-span

HiB is 'n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer.