Nuus

 

Netwerk op die setperk

Nuus >>

Het jy gehoor? ForwardFund se vyfde jaarlikse gholfdag word op Donderdag 22 November 2018 by die Clovelly-buiteklub gehou. Hier teen die einde van die jaar het ’n mens ’n blaaskans nodig – wat beter as ’n dag se verlof vir ’n goeie saak?

Die gholfdag beloof:

  • wonderlike netwerkgeleenthede op die setperke,
  • voortreflike gholfaksie,
  • fantastiese gasvryheid en pryse, en
  • die geleentheid om verdienstelike begunstigdes hierby te laat baat.

Klink wonderlik! Hoe skryf ek in?
Kry ’n groep vriende of kollegas bymekaar en skryf in vir ’n vierbal-samespel teen R4 000. Jou inskrywingsgeld sluit baanfooie, drankies op die baan, kos en drinkgoed by die halfweghuis, geskenkpakkies, pryse en toegang tot die prysuitdelingsgeleentheid in.

Is daar borgskapgeleenthede?
Natuurlik! Jy kan kies of jy ’n goue (R30 000), silwer (R20 000) of brons (R10 000) borg van die geleentheid wil wees. Borgskap bied jou toegang tot ’n verskeidenheid bemarkings- en handelsmerkgeleenthede asook aansienlike blootstelling by die geleentheid self en die prysuitdelingsfunksie. Ander gewilde borgskapgeleenthede is die nat gat (R5 000) en geskenkpakkie (R8 000). Alle pryse sluit BTW uit.

Hoe raak ek betrokke?
Kontak Tina Thiart by (021) 782 8816 of e-pos npo@hggroep.co.za as jy iets by die geleentheid wil borg.

Wie baat by die gholfdag?
Vooraf goedgekeurde organisasies, veral dié wat gemoeid is met entrepreneurskap, ondernemingsontwikkeling, vrouebemagtiging en opleiding aan vroue en die jeug om nuwe ondernemings te begin, sal by jou inskrywingsgeld of borgskap baat. As ’n ekstra bonus sal dit ook tot jou B-BBEE-telling bydra soos gemeet teen die departement van handel en nywerheid se kodes van goeie praktyk.

Die ForwardFund-span sien daarna uit om jou daar te sien
Kom wees deel van ’n heerlike dag se gholfaksie met pragtige natuurskoon, en dra boonop by tot van Suid-Afrika se mees verdienstelike sake. Ons kry jou op die bof!