Nuus

 

Neem standpunt in teen misbruik

Nuus >>

Die HGG Finansiële Groep is trots op sy verbintenis met die jaarlikse geleentheid 1000 Women 1 Voice in Kaapstad. Ons nooi jou om by ons aan te sluit vir middagete op 11 Mei 2017 om standpunt in te neem teen geweld wat teen vroue en kinders gemik is.

Die hoofopskrifte in die koerante wemel van stories oor die misbruik van vroue en kinders wat elke liewe dag in ons land plaasvind. 1000 Women 1 Voice doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners – mans en vroue – om saam te staan en hul stemme teen hierdie onaanvaarbare geweld te verhef.

Deur 1000 Women 1 Voice te ondersteun, neem jy namens alle Suid-Afrikaanse vroue en meisies standpunt in. Die opbrengs van die middagete help om inisiatiewe aangevoor deur vroue en wat hoop, beskerming en kennis aan vroue regoor Suid-Afrika bied, te ondersteun.

"Ek glo elke Suid-Afrikaner behoort by hierdie inisiatief betrokke te raak. Sluit by my aan en laat jou stem hoor," sê Wendy Ackerman, beskermvrou van die 1000 Women Trust.

"Die HGG Finansiële Groep is trots daarop om met hierdie inisiatief verbind te word. Ek glo 'n belegging in vroue is 'n belegging in die toekoms," sê Hendrik Gerryts, hoof- uitvoerende beampte.

Die 1000 Women 1 Voice middagete vind op Donderdag 11 Mei 2017 van 12:00 tot 14:30 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum plaas. Hierdie opwindende geleentheid bied lewendige musiek, wonderlike vermaak, 'n geskenkpakkie, en volop geleentheid om te netwerk.

Bespreek nou

  • Om korporatiewe tafels van 10 mense teen 'n donasie van R10 000 per tafel te bespreek, bel (021) 782 8816 of stuur 'n e-pos aan info@1000women.co.za.
  • Anders kan jy individuele kaartjies teen R500 elk of ambassadeurskaartjies teen R1 000 elk koop.

Kliek hier vir meer inligting oor die geleentheid.

 

Die stand van vroue in SA

Die statistieke beeld 'n skrikwekkende prentjie uit:

  • Drie vroue per dag word in Suid-Afrika deur haar lewensmaat vermoor.
  • Elke 26 sekondes word daar 'n vrou of meisie in Suid-Afrika verkrag.