Nuus argief

 

Maak 'n afspraak met jou gesondheid!

Nuus argief >>

HGG Welvaart, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, maak dit vir lede van Discovery Health en Momentum Multiply makliker om hul gesondheidstatus te evalueer, welweespunte te verdien en so hul welweesstatusvlakke te verhoog.

HGG Welvaart bied gereeld omvattende welweesdae vir hierdie lede aan. Die volgende geleentheid word op Vrydag 26 September 2014 van 08:30 tot 16:00 by Cloetenburg Place, Faganstraat 10, Somerset-Wes gehou.

Die dag sal uit verskeie gesondheidstoetse bestaan wat almal die welweesstatus van lede sal raak wanneer dit voltooi is, en wat weer op sy beurt die voordele beïnvloed wat uit die lojaliteitsprogramme verkry kan word.

Die volgende sal op hierdie dag beskikbaar wees:

  • Fiksheidsevaluering deur 'n biokinetikus
    • Discovery Vitality-lede: R199 per persoon
    • Momentum Multiply-lede: R220 per persoon
  • Gesondheidsondersoeke deur 'n mediese suster, insluitend vir hoë bloeddruk, cholesterol, suiker en MIV
    • Discovery Health- en Momentum Multiply-lede: gratis
    • Nielede: R250 per persoon
  • Afspraak met 'n dieetkundige: R310 per persoon

Bring asseblief kontant saam vir betaling.

"Hierdie welweesdae vorm deel van HGG Welvaart se visie om ons kliënte te ondersteun sover dit hul welwees betref," sê HGG Welvaart-direkteur, Kenne de Kock. "En dit geld ook nie net vir hul liggaamlike gesondheid nie maar ook hul finansiële welstand. Ons bied dus 'n wye reeks produkte en dienste om in ons kliënte se besondere behoeftes te voorsien. Dit sluit gesondheidsbestuur, versekering, beleggings en handel in buitelandse valuta in."

Vir nog inligting, skakel asseblief vir Stefanie Tolken by stefanie@medbroking.co.za of (021) 851-2778. RSVP asseblief by Stefanie voor Dinsdag 23 September 2014.

Ons sien daarna uit om jou op 26 September te verwelkom!