Nuus

 

Ligte, kamera, aksie...

Nuus >>

Die HGG Finansiële Groep het 2017 op 'n baie opwindende noot afgeskop. Ons het nie net 'n splinternuwe webwerf waarmee ons kan spog nie, maar is ook die trotse borg van Tyd met Aleit, 'n opwindende nuwe TV-reeks wat vanaf April op kykNET uitgesaai word.

Tyd met Aleit word vanaf 5 April elke Woensdag om 17:30 op kykNET (kanaal 144) uitgesaai. In dié program besoek Aleit Swanepoel, welbekende geleentheidsguru en stigter van die Aleit Groep, 'n paar Suid-Afrikaanse persoonlikhede aan huis en wys hulle hoe om pragtige tafeldekor te skep, terwyl hy hulle terselfdertyd 'n uitdaging in die vorm van 'n verrassingsmandjie gee.

Die Aleit Groep is 'n gewaardeerde kliënt van HGG se finansiële dienste terwyl HGG op sy beurt al 'n geruime tyd van die Aleit Groep se dienste vir hul funksies en dekor gebruik maak. Dit was dus 'n natuurlike uitvloeisel vir HGG om 'n borg van Tyd met Aleit te wees. "Ons voel geëerd om ons handelsmerk met dié van die Aleit Groep te verbind en is baie opgewonde oor hoe kykers op Tyd met Aleit gaan reageer," sê die stigter en hoof- uitvoerende beampte van die HGG Finansiële Groep, Hendrik Gerryts. In 'n advertensie vir HGG wat tydens die program uitgesaai word, speel gesinslede Scrabble en spel woorde soos "welvaart", wat HGG se verbintenis tot finansiële welvaart en gesonde, tradisionele waardes onderskryf.

Die advertensies lei kykers ook na die byderwetse HGG-webwerf, wat spog met soomlose navigasie, 'n gesofistikeerde, moderne ontwerp en nuwe foto's van al HGG se kern-kontakpersoneel vir die onderskeie divisies. Kyk gerus self na www.hggroep.co.za.

Hendrik sluit af: "Ons sien uit na nog talle opwindende hoogtepunte in 2017, en nooi al ons kliënte om saam met ons op hierdie reis te gaan."