Nuus

 

Leer die HGG Welvaart-span beter ken

Nuus >>

HGG Welvaart baat by die kundigheid en ervaring van ’n span welvaartbestuurders. In die vorige nuusbrief het ons gekyk na die konsep van welvaart en waarom welvaartbeplanning belangrik is. In hierdie uitgawe vra ons die mense agter HGG Welvaart om ons meer oor hulself te vertel en hoekom hulle dit geniet om te doen wat hulle doen.

 

Niek van den Berg Direkteur van HGG Welvaart (Somerset-Wes)

Wat glo jy is die kernkaraktertrekke van ’n goeie welvaartbestuurder?

’n Welvaartbestuurder moet betroubaar, gestruktureerd, gekwalifiseerd en analities wees, uitstekende aandag aan detail gee, selfvertroue hê, ’n mense-mens wees en ook ’n goeie luisteraar.

Wat het jou laat besluit om ’n loopbaan in finansies te volg?

Ek geniet die interaksie met kliënte en om hulle te help om ingeligte besluite te neem oor pasgemaakte oplossings vir welvaartgroei en -beskerming. Dit laat ’n mens goed voel om ’n vertroude vennoot en adviseur vir die hele familie te wees.

Watter faktore bepaal ’n individu se beleggings-/spaaraanbevelings?

Hul ouderdom, risiko-aptyt, finansiële posisie/begroting, finansiële doelwitte, en die kliënt se kennis van finansiële markte.

 

David Walker Welvaartbestuurder (Durbanville)

Wat glo jy is die kernkaraktertrekke van ’n goeie welvaartbestuurder?

'n Oorkoepelende perspektief van elke kliënt se huidige en toekomstige finansiële behoeftes en hoe om dit die beste te hanteer.

Wat het jou laat besluit om ’n loopbaan in finansies te volg? 

Ek hou daarvan om met mense te werk en hulle te help om hul behoeftes en kommer oor finansiële sake op te los.

Wat glo jy is die beste langtermyn-beleggingsvoertuig of -voertuie?

’n Gediversifiseerde portefeulje van bateklasse.

 

Dennis Robertson Welvaartbestuurder (Somerset-Wes)

Hoe lank werk jy al in finansiële dienste? 

Ek is al vier jaar lank ’n welvaartbestuurder, en het 40 jaar se ervaring in die finansiëledienste- en bankindustrie.

Wat glo jy is die kernkaraktertrekke van ’n goeie welvaartbestuurder?

Ek glo enige finansiële beplanner moet ’n kliënt se welstand, belange en doelwitte op die hart dra, en ’n kliënt se doelwitte en teikens verstaan ten einde werklik gepaste advies te kan gee.

Wat glo jy is die beste langtermyn-beleggingsvoertuig of -voertuie?

Ek glo steeds dat - afhangende van die kliënt se behoeftes - vyfjaarplanne wat batebestuurders bied, goeie opbrengste bied. Weer eens, dit hang van die kliënt se aptyt vir risiko en termyn af.

 

Riaan Lindeque Welvaartbestuurder (Somerset-Wes)

Wat glo jy is die kernkaraktertrekke van ’n goeie welvaartbestuurder?

Konsekwentheid, betroubaarheid en om in onseker tye logika te laat seëvier. Die vermoë om ’n plan saam met die kliënt op te stel en saam daaraan te werk om hul doelwitte te bereik.

Wat het jou laat besluit om ’n loopbaan in finansies te volg?

Ek geniet die interaksie met mense. Dit is baie lonend om met mense te werk en hulle te help om hul doelwitte te bereik en hul risiko’s te bestuur en terselfdertyd gemoedsrus vir moontlike tye van nood te bied.

Wat glo jy is die beste langtermyn-beleggingsvoertuig of -voertuie?

’n Belastingdoeltreffende voertuig met die laagste koste en beste beskerming teen ons eie impulsiewe besluite is gewoonlik die beste. So, na my mening is ’n uittree-annuïteit, indien die premies belasting-aftrekbaar is, of ’n uitkeerpolis die beste.