Nuus argief

 

Kom deel en leer by HGG se Vrouedag-inisiatiewe

Nuus argief >>

Die HGG Finansiële Groep is met trots - via die ForwardFund Trust - betrokke by die Women Investment Network (WIN), 'n inisiatief vir die stigting van voortgesette vennootskappe tussen vroueleiers in besigheid en maatskaplike-ondernemingsgroepe.

Die ForwardFund Trust is 'n geregistreerde trust en onafhanklike fonds binne die HGG Finansiële Groep, wat maatskappye die geleentheid bied om in ondernemingsontwikkeling en sosio-ekonomiese ontwikkeling te investeer deur fondse aan verskeie begunstigdes by te dra.

In 2014 het ForwardFund vir die eerste keer by die Vrouedag-vieringe by die Kunstekaap-teaterkompleks aangesluit. Vroulike entrepreneurs en organisasies sonder winsbejag (NPO's) met 'n spesiale fokus op vroue, neem elke jaar aan die vieringe deel.

Sluit by ons aan vir 'n WIN-netwerkgeleentheid

Op Vrydag 7 Augustus bied ForwardFund 'n WIN-besigheidsnetwerkvergadering by die Kunstekaap-kompleks aan. Die doel van die geleentheid is om 'n voortgesette vennootskap tussen bestaande vroulike leiers in besigheid en die WIN-projek te vestig, wat uit ongeveer 18 opkomende vroulike entrepreneurs bestaan. Ten einde hierdie entrepreneursprojekte tot suksesvolle ondernemings te ontwikkel, is die idee dat mentorskap ná die geleentheid voortduur en dat die sakeleiers 'n voortgesette investering van hul tyd en hulpbronne met die oog op die uitwissing van armoede bied.
Ons wil jou graag uitnooi om deel te wees van ons WIN-besigheidsnetwerkvergadering op 7 Augustus van 11:00 tot 15:00. Die geleentheid is oop vir sakevroue en -mans. Die WIN-projekte sal hul produkte te koop aanbied en jy kan op jou tyd rondkyk en koop terwyl jy meer te wete kom oor inspirerende ontwikkelingprojekte wat in die Wes-Kaap vorm aanneem. Die geleentheid kos R150 per persoon.

Die HGG Finansiële Groep is ook trots daarop om by die volgende twee geleenthede by die Vrouedag-vieringe betrokke te wees:

  • Donderdag 6 Augustus: HGG NPO se kommunikasiewerkswinkel: Gebruik sosiale media en die internet om meer te gee
    HGG NPO Sustainability Solutions, in vennootskp met WeCan24, bied 'n inleidende werkswinkel aan oor hoe om sosiale media en die internet in te span om meer donasies by jou belanghebbendes te kry. NPO's sal ook die geleentheid kry om hul suksesse en uitdagings in die inwerkingstelling van 'n individuele gee-strategie te deel. Die werkswinkel sal van 09:00 tot 13:00 duur, en kos R100 per persoon.
  • Saterdag 8 Augustus: Werkswinkel oor die skep van 'n nuwe onderneming en finansiële geletterdheid
    Die HGG Finansiële Groep, in samewerking met ForwardFund, bied 'n werkswinkel oor sakevaardighede en finansiële geletterdheid aan. Alle beginnersondernemings wat deur vroue en die jeug bedryf word, word na die werkswinkel uitgenooi. Kom leer meer oor die skep van nuwe ondernemings en befondsingsbronne wat beskikbaar is vir die bou van besighede in Suid-Afrika. Bring jou sakevennote en jou ID-boekie en kom wees deel van hierdie gratis opleidingsessie vir vroue en die jeug. Die werkswinkel duur van 09:00 tot 11:00.

RSVP: Vir nog inligting of om jou plek vir enige van die geleenthede hierbo te bespreek, stuur 'n e-pos aan npo@hggroep.co.za of bel (021) 782 8816.