Nuus

 

Kies jou mediese dekking vir 2018

Nuus >>

Dit is nou die tyd van die jaar om jou mediese dekking vir 2018 in oënskou te neem. Tussen 1 November en middel Desember vanjaar kry jy die kans om jou mediese dekking vir die volgende jaar aan te pas.

“Dit is belangrik om na jou mediese uitgawes en gesondheid van die afgelope jaar te kyk en te evalueer of jou dekking steeds aan jou behoeftes voldoen. Jy kan dan tydens hierdie beperkte tyd veranderinge aan jou mediese dekking aanbring,” sê Niek van den Berg, direkteur: HGG Welvaart.

"HGG Welvaart is hier om enige moontlike vrae te beantwoord oor jou mediese dekking vir 2018. Skakel ons om 'n afspraak te reël en ons sal die voordele van die onderskeie opsies verduidelik en jou ook kan sê hoeveel elke opsie jou in die nuwe jaar sal kos."

HGG Welvaart streef daarna om gesondheidsorgversekering so duidelik en eenvoudig as moontlik te maak. Só het ons welvaartbestuurders dan ook werksverhoudings met 'n hele paar mediesefondskemas wat ons in staat stel om jou van onafhanklike, onbevooroordeelde advies oor die beste mediese skema vir jou behoeftes te voorsien.

In plaas daarvan om by 'n mediesehulpplan te hou wat nie regtig in jou kraam pas nie, vind eerder uit wat is beskikbaar en hoe jy kan baat deur na 'n ander opsie oor te skakel. "Bel ons vandag nog om uit te vind hoe jy in 2018 kan spaar en daarby ook voordeel kan trek uit dekking wat regtig vir jou werk," sê Niek.

Het jy gapingsdekking?

Gapingsdekking is noodsaaklik vir omvattende mediese dekking. Gapingsdekkingsprodukte is polisse wat (onderworpe aan sekere limiete) die verskil dek tussen dokterstariewe en die tarief wat die mediese fonds betaal vir prosedures wat in die hospitaal gedoen word. HGG Welvaart se konsultante kan die verskillende beskikbare gapingsdekkingsopsies uiteensit, asook enige beperkings of wagtydperke wat kan geld.

Bel ons

Skakel HGG Welvaart vandag nog by (021) 851 2778 of (021) 979 3900 om 'n konsultasie met een van ons ervare welvaartbestuurders te reël.