Nuus

 

Jou kolhou kan behoeftiges help

Nuus >>

Die ForwardFund Jaarlikse Gholfdag is ’n kans om te spog met jou vernuf op ’n pragtige gholfbaan terwyl jy terselfdertyd bydra tot die behoeftes van vooraf goedgekeurde organisasies sonder winsbejag.

Datum: Donderdag, 16 November 2017
Tyd: Eerste afslaan om 11:00
Plek: Clovelly-buiteklub, Clovelly

As jy op die dag wil speel…
Jy kan as ’n vierbalalliansie teen ’n koste van R3 500 inskryf. Daar sal oorgenoeg tyd wees om jou gholfstokke te swaai terwyl jy invloedryke leiers van ander maatskappye en organisasies sonder winsbejag ontmoet. Jou inskrywingsgeld sluit baangeld, drankies op die baan, kos en drank by die halfweghuis, geskenkpakkies, pryse en toegang tot die prysuitdeling in.

As jy eerder langs die kantlyn betrokke wil wees…
Jy kan kies om in te skryf as ’n goue (R30 000), silwer (R20 000) of brons (R10 000) borg van die byeenkoms. ’n Borgskap bied jou toegang tot verskillende geleenthede vir bemarking en handelsmerkbevordering, asook aansienlike blootstelling by die byeenkoms en prysuitdelingsfunksie. Ander gewilde borgskapgeleenthede is die borg van die watergat (R5 000) en geskenkpakkie (R8 000). Vir verdere inligting oor die verskillende geleenthede vir borgskap, klik asseblief hier. Alle pryse sluit BTW uit.

Hoe raak ek betrokke? Om as ’n speler in te skryf of as ’n borg van die byeenkoms betrokke te raak, kontak asseblief Tina Thiart by (021) 782 8816 of stuur vir haar e-pos na info@forwardfund.co.za.

Wie baat by die gholfdag?
Jou inskrywingsgeld of borgskap sal gebruik word om in die ondernemingsontwikkeling en sosio-ekonomiese ontwikkeling van vooraf goedgekeurde begunstigdes te belê, veral diegene op die gebied van entrepreneurskap, ondernemingsontwikkeling en vrouebemagtiging. ’n Ander aansporing vir sake-eienaars is dat dit ook tot hul BBSEB-telling (B-BBEE) bydra wat aan die Departement van Handel en Nywerheid se Kode van Goeie Praktyk gemeet word.