Nuus

 

Jou kind se opvoeding is die beste belegging

Nuus >>

’n Gesonde beleggingstrategie kan verseker dat jou kinders se opvoeding gedek is – van primêre skool tot op tersiêre vlak. HGG Welvaart het waardevolle advies.

’n Goeie opvoeding gee jou kinders ’n onbetwisbare voordeel in die toekoms. Statistiek van die organisasie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling (OECD) toon inderdaad dat 75,6% Suid-Afrikaners met tersiêre opvoeding werk kry, terwyl net 43,3% van dié daarsonder in diens geneem word.

Baie ouers fokus egter uitsluitlik op die koste van tersiêre opvoeding en dink nie aan die koste van ’n goeie skoolopvoeding voor universiteit of kollege nie. ’n Goeie laer- en hoërskoolopvoeding sal jou kind op tersiêre opvoeding voorberei en hulle ook toegang bied tot die instellings en kwalifikasies van hul keuse.

Hoeveel kos ’n goeie skoolopvoeding dan?

Tans kos een jaar se opvoeding aan ’n openbare laerskool in Suid-Afrika ongeveer R20 000. As jy besluit om jou kind na ’n private laerskool te stuur, kan daardie syfer tot R80 000 per jaar styg. Een jaar se opvoeding aan ’n openbare hoërskool kos tans R40 000 per jaar, of soveel as R150 000 per jaar by ’n private hoërskool.

“Hierdie koste bly egter nie staties nie aangesien dit aan jaarlikse inflasie onderhewig is,” sê HGG Welvaart-direkteur Niek van den Berg. As jy ’n inflasiekoers van 10% in opvoedingskoste sou veronderstel, sal ’n jaar by ’n openbare laerskool R35 000 kos vir kinders wat in 2025 met graad 1 begin (dié wat in 2018 gebore is) terwyl dit R180 000 by ’n private laerskool sal beloop. Die prentjie raak selfs nog donkerder vir hoërskoolopvoeding. ’n Jaar se hoërskoolopvoeding vir dié wat in 2018 gebore is, sal R140 000 kos teen die tyd wat hulle graad 8 bereik – of R450 000 per jaar vir ’n private hoërskool.

“Vir dié met jong kinders is dit duidelik dat opvoedingskoste in die toekoms ’n aansienlike hap uit jou begroting sal vat. Hou in gedagte dat daar addisionele koste sal wees ná hul skoolloopbaan, wanneer hulle met hul tersiêre opvoeding begin. Die oplossing is om te begin belê sodra jy kan. Jou kind se opvoeding is een van die beste dinge waarvoor jy kan spaar,” sê Niek.

Afhangende van of jy jou kind na ’n openbare of private skool wil stuur, behoort jy vanaf die datum van hul geboorte tussen R2 500 en R12 000 te belê. “Hierdeur behoort jy genoeg kapitaalreserwes op te bou om al sewe jare van hul laerskoolgeld vooruit te kan betaal wanneer hulle begin skoolgaan. Hoewel jy nie hierdie bedrag alles met een slag gaan betaal nie, gee dit jou gemoedsrus om te weet dat jy dit veilig belê het,” verduidelik Niek.

As jy voortgaan om getrou regdeur hul laerskooljare te spaar, sal jy goed toegerus wees om die koste van hul hoërskoolloopbaan en tersiêre opvoeding te kan bekostig, mits jy die bedrag wat in die komende jare benodig sal word gereeld herbereken het.

HGG se span ervare welvaartbestuurders kan jou help om met hierdie koste tred te hou en dienooreenkomstig te belê.

Wat behoort ek nou te doen?

“Die eenvoudige antwoord is: Begin onmiddellik spaar. Wanneer ’n mens vir ’n spesifieke doelwit spaar, soos jou kind se opvoeding, maak dit sin om ’n spesiale, toegewyde fonds te begin wat apart is van enige ander spaargeld wat jy dalk kan hê. Dit sal dit minder aanloklik maak vir jou om die skoolspaargeld byvoorbeeld vir opknappings aan jou huis aan te wend,” sê Niek.

HGG Welvaart se span – bestaande uit direkteur Niek van den Berg en welvaarbestuurders Riaan Lindeque, Dennis Robertson en David Walker – kan jou help om geld in ’n afsonderlike beleggingsfonds opsy te sit sodat jy jou nie oor onderwyskoste in die toekoms hoef te bekommer nie. Kontak hulle vandag nog vir advies en hulp. 

HGG Welvaart-direkteur

HGG-welvaartbestuurders