Nuus argief

 

Hou tred met jou belasting in 2016

Nuus argief >>

Die nuwe kalenderjaar het dalk nou net begin, maar die uurglas is vinnig besig om uit te loop vir die huidige belastingjaar. Hier is 'n vinnige oorsig oor 'n paar van jou belastingvereistes vir die komende jaar. Moet asseblief nie huiwer om HGG Professionele Rekenmeesters vir advies of hulp met enige van die onderstaande belastings te skakel nie. Ons is hier om te help!

Persoonlike inkomstebelasting

Daar is net een maand oor voor die einde van die huidige belastingjaar. Die 2015-tydperk van assessering duur van 1 Maart 2015 tot 29 Februarie 2016, so dit is belangrik om dinge in rat te begin kry vir die indiening van jou persoonlike inkomstebelastingopgawe later vanjaar.

Die openingsdatum vir die seisoen van belastingindiening vir 2016 moet nog aangekondig word, maar gewoonlik val dit elke jaar op 1 Julie (d.w.s. 1 Julie 2016). Jy kan jou persoonlike inkomstebelastingopgawe vanaf hierdie datum indien.

Belasting op besigheide

  • Kleiner besighede: Omsetbelasting en belasting op klein besigheidskorporasies (SBCs)

Mikrobesighede (besighede met 'n jaarlikse omset van R1 miljoen of minder) kan kies om omsetbelasting te betaal. Die voordele van omsetbelasting lê daarin dat dit op omset eerder as op inkomste gehef word, en is 'n eenvoudiger belasting sover dit administratiewe vereistes betref. Omsetbelasting moet op 29 Februarie 2016 betaal word en weer teen nie later as die einde van Augustus 2016 nie.

Belasting op klein besigheidskorporasies (SBCs) is moontlik beskikbaar vir kleiner besighede met 'n inkomste van onder R20 miljoen in die jaar van assessering en is ook afhanklik van ander kriteria. Dit bied progressiewe belastingkoerse en toelatings vir aftrekking. Skakel asseblief vir HGG Professionele Rekenmeesters as jy hulp met die indiening van jou omset- of SBC-belasting verlang.

  • Groter besighede: Korporatiewe inkomstebelasting

Groter besighede moet vir korporatiewe inkomstebelasting (CIT) registreer en 'n opgawe van inkomste binne 12 maande na die einde van hul boekjaar indien. Opgawes kan elektronies via eFiling gedoen word, of per hand by 'n tak van SARS ingedien word. Benewens jaarlikse opgawes moet besighede elke ses maande voorlopige belastingopgawes indien (met geraamde syfers van totale inkomste). HGG Professionele Rekenmeesters kan help om die indiening van jou korporatiewe inkomstebelasting (CIT) moeitevry en doeltreffend te laat verloop.

Werknemersbelasting

As 'n werkgewer moet jy vir bydraes ten opsigte van LBS, vaardigheidsontwikkelingsheffings en WVF registreer. Jou werknemersbesonderhede moet ook deur middel van 'n maandelikse werknemersverklaringsvorm bygehou word. Maar dit is nie nodig om paniekerig te raak nie - HGG Professionele Rekenmeesters kan namens jou aan al hierdie vereistes aandag skenk.

Skakel gerus vir Petro Hartman (Somerset-Wes), Leras Uys (Paarl) of Gunter Droste (Durbanville), of bel (021) 851 2778.