Nuus

 

Hou jou rekord skoon deur alle belastingopgawes in te dien

Nuus >>

HGG Professionele Rekenmeesters stel sy kliënte in kennis dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ’n nuwe inisiatief saam met die nasionale vervolgingsgesag (NVG) aangepak het waarvolgens belastingbetalers wat versuim om belasting- en BTW-opgawes in te dien, vervolg sal word. Belastingbetalers wat skuldig bevind word, sal ’n kriminele rekord hê.

Volgens HGG Professionele Rekenmeesters se direkteur Petro Hartman is die versuim om ’n belasting- of BTW-opgawe in te dien, ’n kriminele oortreding ingevolge die Wet op Belastingadministrasie en wetgewing oor belasting op toegevoegde waarde. “Ons wil dit op al ons kliënte se harte druk dat hulle moet seker maak hulle dien die nodige opgawes betyds en volledig in. Die span van HGG Professionele Rekenmeesters is beskikbaar om te help met enige navrae wat julle kan hê,” sê Petro.

Die SAID-veldtog beteken die projek vir uitstaande opgawes, wat teen die einde van verlede jaar bekend gestel is met SAID se teiken om bewustheid oor uitstaande belastingopgawes onder belastingbetalers te kweek, neem in intensiteit toe.

SAID het onlangs ’n noemenswaardige toename in die nie-indiening van opgawes oor alle belastingsoorte heen ervaar, insluitende LBS, BTW, korporatiewe inkomste- en persoonlike inkomstebelasting. Die minister van finansies, Nhlanhla Nene, het die beduidende daling in die indiening van opgawes uitgelig toe hy die syfers van ingesamelde belastinginkomste vir die 2017/2018-boekjaar aangekondig het.

“By HGG Professionele Rekenmeesters is ons ten volle verbind tot ’n etiese en deursigtige verhouding met SAID. Ons dien alle BTW- en belastingopgawes in ons sorg korrek en betyds in. Moet asseblief nie  huiwer om ons te kontak as jy onseker oor enige uitstaande belastingopgawes is nie,” sê sy.

HGG Professionele Rekenmeesters bied ook belastingbeplanningsdienste en hulp met boedel- en sekondêre belastings. Daarbenewens hanteer die afdeling vir belastingadministrasie die betaling van voorlopige belasting, korrespondensie met SAID, belastingregistrasiedienste en nakoming van statutêre registrasies soos BTW, LBS, WVF, SDL, KMR en werkgewersaanspreeklikheid.

Stuur ’n e-pos aan Petro Hartman (Somerset-Wes), Leras Uys (Paarl) of Gunter Droste (Durbanville) vir ondersteuning. Of anders, bel ons by (021) 851 2778.