Nuus argief

 

Hoe die begroting jou sak gaan raak

Nuus argief >>

Die minister van finansies, Nhlanhla Nene, se nuwelingstoespraak het gemengde reaksie ontlok. Hoewel die tariefverhogings vir persoonlike inkomstebelasting minder aggressief is as wat gevrees is, voel baie ontleders die regering het nie genoeg stappe gedoen om sy eie besteding aan bande te lê nie. Nene se taak was om 'n addisionele R12 miljard in inkomste te genereer om vir geprojekteerde tekortteikens vir die jaar voorsiening te maak. Dit is duidelik dat die grootste gedeelte van hierdie addisionele inkomste uit 'n hoër belastingaanslag op Suid-Afrikaanse verbruikers verkry sal word.

Die vernaamste hoogtepunte van minister Nene se begrotingsrede word hieronder gelys:

Inkomstebelasting gaan met een persentasiepunt styg vir alle individuele belastingbetalers wat meer as R181 900 per jaar verdien.

Nuwe belastingtariewe vir individue en spesiale trusts

R0 – 181 900 18% van belasbare inkomste
R181 901 – 284 100 R32 742 + 26% van belasbare inkomste bo R181 900
R284 101 – 393 200 R59 314 + 31% van belasbare inkomste bo R284 100
R393 201 – 550 100 R93 135 + 36% van belasbare inkomste bo R393 200
R550 101 – 701 300 R149 619 + 39% van belasbare inkomste bo R550 100
R701 301+ R208 587 + 41% van belasbare inkomste bo R701 300


Daarbenewens sal trusts met die uitsondering van spesiale trusts, teen 41% belas word (styging teenoor vorige koers van 40%).

Skakel gerus vir HGG Professionele Rekenmeesters vir advies oor hoe die nuwe inkomstebelastingtariewe en -kategorieë jou gaan raak.

Daar was goeie nuus vir mikro-ondernemings met 'n aansienlike vermindering in belastingtariewe.

Omsetbelasting vir mikro-ondernemings
(boekjare geëindig tussen 1 April 2015 en 31 Maart 2016)

R0 – 335 000 0% van belasbare omset
R335 001 – 500 000 1% van belasbare omset bo R335 000
R500 001 – 750 000 R1 650 + 2% van belasbare omset bo R500 000
R750 001+ R6 650 + 3% van belasbare omset bo R750 000


Klein ondernemings het aansienlike belastingverligting in vanjaar se begroting gekry. Skakel HGG Professionele Rekenmeester om uit te vind hoe jou onderneming by die veranderinge gaan baat.

'n Effense belastingvermindering is vir enkelbedragvoordele by aftrede of skeidingsvoordele aangekondig.

R0 – 500 000 0% van belasbare inkomste
R500 001 - 700 000 18% van belasbare inkomste bo R500 000
R700 001 – 1 050 000 R36 000 + 27% van belasbare inkomste bo R700 000
R1 050 001+ R130 500 + 36% van belasbare inkomste bo R1 050 000


HGG Welvaart
 kan jou van 'n omvattende ontleding van jou aftreevoordele voorsien, asook hoe dit deur die nuwe belastingbepalings geraak sal word.

Krediete vir mediese belasting sal vanaf 1 Maart 2015 effens styg.

Maandelikse belastingkrediete vir medieseskemabydraes gaan van R257 tot R270 per maand vir die eerste twee begunstigdes styg, en van R172 tot R181 per maand vir elke addisionele begunstigde. Skakel Medbroking vir 'n hersiening van jou mediese dekking en om te verseker dat jy uit die verhoogde belastingkrediete voordeel trek.

Sogenaamde sondebelasting is deur die bank verhoog.

Verwag om vanaf 1 April 2015 meer vir die volgende items te betaal:

Bier (pint) verhoog met 15,5 sent
Wyn (bottel) verhoog met 15 sent
Vonkelwyn (bottel) verhoog met 48 sent
Whisky verhoog met R3,77
Sigarette (20) verhoog met 82 sent


Verbruikers steier onder brandstofverhoging van 80,5 sent per liter.

Hierdie verhoging bestaan uit 30,5 sent per liter vir die brandstofheffing, en 'n addisionele 50 sent per liter vir die Padongelukkefonds.

'n Verhoogde elektrisiteitsheffing poog om energieverbruik te verminder.

Die regering het 'n tydelike verhoging in die elektrisiteitsheffing van 3,5 sent per kWh na 5,5 sent per kWh voorgestel. Hierdie heffing sal van krag bly tot die elektrisiteitstekort opgelos is.

BTW, KWB en maatskappybelasting bly onveranderd.

Belasting op toegevoegde waarde (14%), kapitaalwinsbelasting (33,3% vir individue, 66,6% vir maatskappye en trusts) en maatskappybelasting (28%) bly alles onveranderd van die vorige begroting.

HGG Finansiële Groep bly verbind tot ons kliënte se finansiële voorspoed en welstand. As jy enige navrae oor die begroting vir 2015/2016 het en wonder hoe dit jou gaan raak, bel ons asseblief by (021) 851 2778 of e-pos info@hggroep.co.za.