Nuus argief

 

HIB wen prestigetoekenning

Nuus argief >>

Helderberg Insurance Brokers (HIB), 'n divisie van die HGG Finansiële Groep, is die trotse wenners van Santam Boland se Goue Makelaarstoekenning vir uitnemende prestasie vir 2014.

"Hierdie toekenning is 'n bewys daarvan dat ons 'n baie goeie en gesonde kliëntebasis het en is ook erkenning vir goeie kliënteverhoudings, uitnemende diens, waardevolle kundigheid en professionele advies aan ons kliënte," sê Johan Potgieter, besturende direkteur.

Ons is opgewonde om aan te kondig dat die volgende mense onlangs by die HIB-span aangesluit het: Karen Pnematicatos, makelaar; Edmund du Plessis, makelaar; Valerie Jantjies, kommersiële administratiewe assistent, en Sunet Venter, eise-assistent.

"Ons heet hulle graag welkom by HIB en wens hulle alle voorspoed toe. Ons weet dat hulle ongelooflike waarde sal toevoeg met hulle bewese ervaring in die korttermyn-verskeringsbedryf en dat hulle 'n groot rol in HIB se verdere sukses gaan speel."

Ons by HIB besef hoe 'n belangrike rol korttermynversekering in mense se lewens speel. "Ons wil vir ons kliënte die gemoedsrus gee dat hulle bates teen onvoorsiene skade en gebeurtenisse beskerm word." HIB bied 'n groot verskeidenheid produkte aan om in ons kliënte se versekeringsbehoeftes te voorsien.