Nuus

 

HGG NPO deel van twee nuwe sentrums wat opleiding aan gemeenskappe verskaf

Nuus >>

HGG NPO Sustainability Solutions is ‘n SETA-geakrediteerde opleidingsverskaffer wat sedert 2015 reeds aan meer as 200 leerders opleiding verskaf en kortkursusse aan meer as 800 mense aangebied het.

“HGG NPO Sustainability Solutions fokus op die opleiding van vroue, jong mense en kleinsakeondernemings. Boonop bevoordeel ons kursusse ook ondernemings se B-BEEE punte,” sê Tina Thiart, HGG NPO Sustainability Solutions direkteur.

Ons kursusse vind landwyd plaas. Ons het veral gefokus op Limpopo (Pologwane, Jane Furst, Burgersfort); Mpumalanga (Gert Sibanda) die Wes-Kaap (George, Robertson, Malmesbury, Kaapstad); Noord-Kaap (De Aar); die Oos-Kaap (Stutterheim en Port Elizabeth), en in KwaZulu-Natal (Durban).

“Ons is trots daarop dat ons kursusse aangepas is vir gesiggestremdes om hierdie leerders toe te rus om die nuutste tegnologie te benut. Buiten dit, is ons kursus vir eiendomsagente ook ‘n groot wenner!

“Ons het saam met ons vennote twee nuwe rekenaarsentrums op die been gebring.  Die een is by die ForwardFund Akademie (HGG Finansiële Groep se geregistreerde trust en onafhanklike fonds, waardeur hulle tot verskeie begunstigdes bydra) en is geleë in die Solaris Besigheidssentrum in Sunnyacres, reg langs Masipumele en binne loopafstand van Ocean View, Kommetjie en Sunvally en bereikbaar vanaf Vishoek. 

ForwardFund Akademie het op 10 April die eerste studente verwelkom vir die Film/Video Sertifikaat en hulle is tans besig om hulle eerste films te vervaardig. In Julie het ons ook die SAYME studio geopen en twaalf skole het deelgeneem aan die gepaardgaande filmkompetisie. Die vyf wenfilms is pas klaar verfilm. Die ForwarFund Akademie het ook reeds twee kortkurusse in Rekenaarstudies aangebied en die New Venture Creation kursus vir plaaslike ondernemings het pas begin. 

“Die ander sentrum waarby ons betrokke is, is die opening van die Saartjie Baartman IT-sentrum wat geborg is deur die 1 000 Vroue Trust. Dit is ‘n veilige leerarea vir vrouens wat in veillige hawes woon, maar ook vir vroue in die algemeen. Dis is waarskynlik die die enigste sentrum in die Wes-Kaap wat fokus op vroue,” sê Tina.