Nuus

 

HGG-kliënte spaar met MedicAlert®

Nuus >>

Ons het opwindende nuus vir HGG Finansiële Groep se kliënte: Sluit in November 2017 by MedicAlert® aan en jy spaar die registrasiegeld van R181.  

“Hierdie spesiale aanbod is deur HGG beding, en ons glo dit bied ons kliënte ongelooflike waarde. Geen registrasiegeld beteken jou lidmaatskap kos net R25 per maand vir lewensreddende mediese inligting en bystand,” sê HGG Finansiële Groep se hoof- uitvoerende beampte, Hendrik Gerryts.

Wat is MedicAlert®?

MedicAlert® tree op as derdeparty-bewaarder van jou persoonlike gesondheidsinligting. MedicAlert® se inligtingstoorfasiliteit kan gesondheidsorgverskaffers en noodreaksiebeamptes 24 uur per dag van lewensbelangrike mediese inligting voorsien, enige plek in Suid-Afrika.

MedicAlert® voorsien hul lede ook van ’n armband met ’n internasionale handelsmerk wat noodreaksiebeamptes oor jou vernaamste mediese toestande inlig. In ’n noodgeval sal MedicAlert® namens jou praat as jy nie self kan nie.

Wie behoort by MedicAlert® aan te sluit?

Enige persoon sal by lidmaatskap van MedicAlert® baat, maar hierdie faktore maak jou veral vir lidmaatskap geskik:

  • As jy enige onopsigtelike mediese toestand het,
  • As jy ’n allergie het,
  • As jy enige tipe inplanting het, bv. pasaangeër, hartklep, orgaan, gewrigsvervanging,
  • As jy gereeld medikasie moet neem,
  • As jy wil hê jou bloedgroep moet aangeteken word,
  • As jy ’n lewende testament het of ’n orgaan-/liggaamskenker wil wees.

Watter voordele hou lidmaatskap van MedicAlert® onder meer in?

  • Jy sal ’n verpersoonlikte embleem kry wat eerstereaksiebeamptes in staat sal stel om jou allergieë en/of mediese toestande onmiddellik te identifiseer.
  • Jy sal toegang tot ons 24-uur-noodhulpsentrum kry waar medies opgeleide konsultante jou lewensbelangrike mediese inligting aan noodreaksiebeamptes sal oordra soos verlang – enige tyd, enige plek, in enige van ons 11 amptelike tale.
  • Jy sal die gemoedsrus hê dat jou naasbestaandes gou in kennis gestel sal word in die geval van ’n onvoorsiene noodsituasie.
  • Ons begrafnisvoordeel betaal ’n kontantbedrag van R10 000 as ’n lid sterf.

Hoe sluit ek aan?

Bel 086 111 2979 of stuur ’n e-pos aan info@medicalert.co.za en MedicAlert® sal ’n registrasievorm aan jou stuur. Maak seker jy sluit gedurende November aan vir die besparing op jou registrasiegeld.