Nuus argief

 

HGG Durbanville nou in groter, beter kantore

Nuus argief >>

Dit is drie weke later, en ons bly opgewonde oor ons trek na ons nuwe Durbanville-kantoor!

"As gevolg van ons uitbreiding en die groei in die dienste wat ons bied, moes die HGG Finansiële Groep sy Durbanville-kantoor skuif na 'n ander groter kantoor in dieselfde kantoorkompleks waar ons was. En ons is mal daaroor hier! Die nuwe kantoor het byvoorbeeld meer konsultasiekamers waar ons met kliënte kan vergader en hulle oor ons reeks dienste kan vertel," sê Gunter Droste, bestuurder.

Die Durbanville-kantoor is een van die vier HGG Finansiële Groep-kantore, met die ander in Somerset-Wes, die Paarl en Clovelly.

In 'n neutedop bied die Durbanville-kantoor hierdie dienste aan 'n wye verskeidenheid van kliënte:

  • HGG Professionele Rekenmeesters: Rekemeestersdienste en boekhouding, interne en eksterne maatskappy-oudits, belastingkonsultasie, registrasie van nuwe besigheid en maatskappysekretariaat.
  • HGG Welvaart: Aftreebeplanning, persoonlike lewens- en sakeversekering, beleggings, mediese fonds, buitelandsevaluta-dienste en korporatiewe kontantbestuurdiens via Investec.
  • HGG Trust: Trustregistrasie en –administrasie, boedelbeplanning, testament en bestorwe boedelbereddering.
  • HGG Konsult: Sakeplanne, maatskappywaardasies, finansiering vir maatskappye en individue, besigheids- en eiendomsmakelaar.
  • Helderberg Insurance Brokers: Persoonlike, kommersiële en gespesialiseerde versekering.
  • HGG NPO Sustainability Solutions: Institusionele ontwikkeling, rekeningkundige en finansiële dienste, bemarking en kommunikasie en opleiding en kapasiteitbou vir NPO's.
  • HGG Tegnologie Ondersteuning: Stelselontwerp, tegniese ondersteuning, webregistrasie, derde-party aanlynbetalingsoplossings en ontwikkeling van webtuistes.
  • HGG BEEadvised: Nakoming en dokumentasie.
  • ICSC: Bemarking, kommunikasie en ontwerp, kommunikasie-produkontwikkeling en kommunikasieprojekbestuur.

"Loer asseblief in en kom praat met ons. En onthou, ons koffie is uit die boonste rakke!" sê Gunter.