Nuus argief

 

Gesondheid en fiksheid op jou voorstoep in Durbanville

Nuus argief >>

Jou gesondheid en fiksheid is twee van jou waardevolste bates. Om voldoende aandag aan albei te gee behoort 'n belangrike deel van jou langtermyn- finansiële en leefstylbeplanning uit te maak.

Ons weet hoe besig 'n mens se lewe kan raak, en dus bring ons nou omvattende gesondheids- en fiksheidstoetse na ons kantore toe vir jou gerief.

HGG Welvaart, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, bied hierdie welweesdae in samewerking met Discovery Vitality en Momentum Health aan sodat jy kan weet waar jy staan wat jou gesondheids- en fiksheidstatus betref. En dan is daar nog 'n bonus op die koop toe want jy het ook die kans om welweespunte te verwerf.

Die volgende welweesdag vind plaas op Vrydag 10 Junie 2016 van 08:00 tot 16:00 by ons Durbanville-kantoor, Heritage Square 6, Vredestraat, Durbanville.

Ons bied die volgende aan op daardie dag:

Discovery Vitality-lede

  • Gesondheidstoets deur 'n gekwalifiseerde verpleegster: gratis een maal per jaar (R275 vir nie-lede).

    Met hierdie gesondheidstoets kan jy tot 10 000 punte verwerf.
  • Fiksheidsevaluering deur 'n biokinetikus: R265 per persoon (wat op die dag direk in kontant aan die biokinetikus betaal moet word). Hierdie bedrag kan van die spaargedeelte van jou mediese fonds teruggeëis word.

    Met hierdie evaluering kan jy tot 7 500 punte verwerf.

Momentum Multiply-lede

  • Gesondheidstoets deur 'n gekwalifiseerde verpleegster: R270 (wat op die dag direk in kontant aan die verpleegster betaal moet word). Hierdie bedrag kan na die gesondheidstoets van Momentum teruggeëis word.

    Met hierdie gesondheidstoets kan jy tot 3 000 punte verwerf.
  • Fiksheidsevaluering deur 'n biokinetikus: R260 per persoon (wat op die dag direk in kontant aan die biokinetikus betaal moet word). Hierdie bedrag kan van die spaargedeelte van jou mediese fonds teruggeëis word.

    Met hierdie evaluering kan jy tot 3 000 punte verwerf.

"Ek wil graag al ons kliënte aanmoedig om van hierdie geleentheid gebruik te maak om hulle van hul algemene gesondheids- en fiksheidstatus te vergewis," sê HGG Welvaart-direkteur Kenne de Kock. "Ons is daartoe verbind om jou te help om die gesondste en voorspoedigste lewe moontlik te leef."

Om jou afspraak te maak:

Kontak vir Lo-Andi Visser om 'n afspraak vir jou Discovery Vitality- en Momentum Health-fiksheids- en gesondheidskonsultasies te maak. Stuur 'n e-pos aan ontvangs@hggroep.co.za of bel haar by (021) 979 3900.

Onthou asseblief om gemaklike oefenklere, sportskoene en 'n klein handdoekie saam te bring as jy vir 'n fiksheidsevaluering kom.