Nuus

 

Doen nou iets vir ’n ontspanne aftrede

Nuus >>

Die ervare span by HGG Welvaart kan jou help om te verseker jou toekoms is finansieel gesond.

Wat finansiële welstand betref, is dit belangrik om aan die groter prentjie te dink. Ongelukkig is ’n pensioenfonds eenvoudig net nie genoeg om in al jou toekomstige finansiële behoeftes te voorsien nie. Hier is die vernaamste aspekte wat jy by die beplanning van jou finansiële toekoms in ag moet neem. Maak seker jy dek almal vir gemoedsrus dat jou finansies meer volhoubaar sal wees.

  • Beleggings

Gesonde aftreebeplanning moet ’n beleggingskomponent insluit. HGG Welvaart funksioneer onafhanklik en bestuur beleggings regstreeks met verskeie beleggingshuise en versekeringsmaatskappye soos Allan Gray, Investec, Discovery, Liberty, PPS, Sanlam en Ou Mutual. Dit beteken ons kan jou oor dié produk of diens adviseer wat regtig die beste in jou behoeftes sal kan voorsien.

HGG Welvaart bied ook twee unieke beleggingsportefeuljes, wat deur die toonaangewende beleggingspesialiste MitonOptimal vir ons bestuur word. Die portefeulje HGG Cautious Income and Growth is gemik op bestendige, volhoubare groei terwyl die portefeulje HGG Balanced Reg 28 effens aggressiewer groei oor die kort termyn bied.

Kliek op die skakels hieronder om te sien hoe hierdie portefeuljes onlangs gevaar het:
HGG Cautious Income & Growth portfolio
HGG Balanced Reg 28 portfolio

  •  Lewensversekering

As jy ’n broodwinner is, is lewensversekering en inkomstebeskerming nie onderhandelbaar nie. As ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP no 44905) bied HGG Welvaart onafhanklike advies oor lewensversekering en risikobeskerming, insluitende versekering vir ongeskiktheid, ernstige siektes en inkomstebeskerming. Moenie probeer om hierdie vorm van versekering af te skeep nie – so ’n oordeelsfout sal jou geliefdes die meeste kos.

  •  Mediese fonds

Dit is maklik om jou gesondheid as vanselfsprekend te aanvaar – tot iets verkeerd loop. Wanneer jy die beste mediese sorg beskikbaar nodig het, is dit belangrik om te weet daar is voldoende voorsiening gemaak vir die onkoste daaraan verbonde. HGG Welvaart is ’n geakkrediteerde lid van die Raad op  Mediese Skemas en verteenwoordig ’n wye verskeidenheid geakkrediteerde mediesehulpmaatskappye, insluitende Discovery Health, Momentum, Medihelp, Fedhealth, Medshield, Profmed en Bonitas. Dit stel ons in staat om jou onafhanklik te adviseer oor die beste plan wat in jou behoeftes sal voorsien. Ons aanbod is egter nie tot mediese fondse beperk nie – ons bied ook hospitaalplanne, welstandsprogramme, gapingsdekking (“gap cover”) en internasionale gesondheidsdekking.

Wil jy meer weet?
HGG Welvaart bied ons spesialis-beleggings- en langtermynversekeringsdienste vanuit ons kantore in Somerset-Wes, die Paarl en Durbanville.
Om ons te kontak, bel enige van die nommers hieronder:

HGG Welvaart Somerset-Wes
(021) 851 2778
Stuur ’n e-pos aan HGG Welvaart-direkteur Niek van den Berg by niek@hggroep.co.za

HGG Welvaart Durbanville
(021) 979 3900
Stuur ’n e-pos aan welvaartsbestuurder David Walker by david@hggroep.co.za