Nuus

 

Dit is tyd vir jou inkomstebelastingopgawe

Nuus >>

Die 2017-inkomstebelastingseisoen vir individue het op 1 Julie 2017 geopen. Die betrokke aanslagjaar loop van 1 Maart 2016 – 28 Februarie 2017. Gedurende die inkomste-
belastingseisoen moet jy jou inkomstebelastingopgawe (ITR12) indien sodat die inkomstebelasting met die belasting-aftrekbare uitgawes vir die aanslagjaar gerekonsilieer kan word.

Belangrike datums vir die 2017-inkomstebelastingseisoen

  • 22 September 2017 – Sperdatum vir die indiening van jou opgawe by 'n SAID-tak
  • 24 November 2017 – Sperdatum vir eFiling (nievoorlopigebelastingbetalers)
  • 31 Januarie 2018 – Sperdatum vir eFiling (voorlopigebelastingbetalers)

Wat het ek nodig?

Om jou belastingopgawe in te dien, moet jy al jou ondersteunende dokumente bymekaar kry. 'n Paar voorbeelde hiervan is:

  • IRP5/IT3(a)-sertifikaat van jou werkgewer of pensioenfonds
  • IT3(b)-sertifikate vir beleggingsopbrengste
  • Sertifikate en kwitansies vir mediesefondsbydraes
  • Sertifikate van uittree-annuïteitsfonds
  • Bankrekeningbesonderhede
  • Bewys van identiteit (as jy by 'n SAID-tak indien)
  • Rekordboek van besigheidskilometers gereis.

Onthou om hierdie ondersteunende dokumente vir 'n tydperk van vyf jaar te bewaar indien die SAID dit in die toekoms vra.

Kontak HGG Professionele Rekenmeesters vandag nog

HGG Professionele Rekenmeesters wil graag al ons kliënte aanmoedig om hul ondersteunende dokumente so gou as moontlik bymekaar te kry en ons so spoedig moontlik te kontak. Ons gekwalifiseerde professionele rekenmeesters kan enige vrae beantwoord wat jy dalk het en seker maak jou opgawe word korrek en betyds ingedien.

Moenie huiwer om vir Petro Hartman (Somerset-Wes), Leras Uys (Paarl) of Gunter Droste (Durbanville) om hulp te kontak nie. Of bel ons by (021) 851 2778. Moenie tot op die laaste nippertjie wag nie – daar is gewoonlik baie minder probleme met opgawes wat vroeg ingedien word, en so sal jy jou ook nie enige boetes vir laat indiening op die lyf loop nie.