Nuus argief

 

Dit is tyd vir jou inkomstebelastingopgawe

Nuus argief >>

Die 2016-inkomstebelastingseisoen vir individue het op Vrydag 1 Julie 2016 geopen. Die betrokke aanslagjaar loop van 1 Maart 2015 – 29 Februarie 2016. Gedurende die inkomstebelastingseisoen moet jy jou inkomstebelastingopgawe (ITR12) indien sodat die inkomstebelasting met die belasting-aftrekbare uitgawes vir die aanslagjaar gerekonsilieer kan word. Dit is belangrik om dit te doen aangesien die netto resultaat dalk selfs 'n belastingterugbetaling kan wees.

Belangrike datums vir die 2016-inkomstebelastingseisoen

  • 25 November 2016 – Sperdatum vir die indiening van jou opgawe by 'n SAID-tak
  • 25 November 2016 – Sperdatum vir eFiling (nievoorlopigebelastingbetalers)
  • 31 Januarie 2017 – Sperdatum vir eFiling (voorlopigebelastingbetalers)

Wat het ek nodig?

Om jou belastingopgawe in te dien, moet jy al jou ondersteunende dokumente bymekaar kry. 'n Paar voorbeelde hiervan is:

  • IRP5/IT3(a)-sertifikaat van jou werkgewer of pensioenfonds
  • IT3(b)-sertifikate vir beleggingsopbrengste
  • Sertifikate en kwitansies vir mediesefondsbydraes
  • Sertifikate van uittree-annuïteitsfonds
  • Bankrekeningbesonderhede
  • Bewys van identiteit (as jy by 'n SAID-tak indien)

Onthou jy moet hierdie ondersteunende dokumente vir 'n tydperk van vyf jaar bewaar vir ingeval SAID dit in die toekoms vra.

Kontak HGG Professionele Rekenmeesters vandag nog

Die inkomstebelastingsperdatums lyk dalk ver in die toekoms maar hoe gouer jy jou belastingopgawe kan indien, hoe gladder en vinniger gaan die proses waarskynlik verloop. HGG Professionele Rekenmeesters wil graag al ons kliënte aanmoedig om hul ondersteunende dokumente (sien hierbo) so gou as moontlik bymekaar te kry en ons so gou as moontlik te kontak. Ons gekwalifiseerde professionele rekenmeesters kan enige vrae beantwoord wat jy dalk het en seker maak jou opgawe word korrek en betyds ingedien.

Moenie huiwer om vir Petro Hartman (Somerset-Wes), Leras Uys (Paarl) of Gunter Droste (Durbanville) om hulp te kontak nie. Of bel ons by (021) 851 2778. Moenie tot op die laaste nippertjie wag nie – daar is gewoonlik baie minder probleme met opgawes wat vroeg ingedien word, en so sal jy jou ook nie enige boetes vir laat indiening op die lyf loop nie.