Nuus

 

Dit gaan 'n goeie jaar wees...

Nuus >>

Die HGG Finansiële Groep is opgewonde oor die talle geleenthede wat in 2017 voorlê. Of jy nou 'n kleinsake-eienaar, 'n entrepreneur, 'n ontluikende magnaat of 'n dinamiese organisasie sonder winsbejag is, ons doeltreffende en bekwame personeel en direkteure sal na al jou sakebehoeftes kan omsien. Hier is hoe ons agt divisies jou sakebedrywighede op die voorpunt kan hou:

  • HGG Professionele Rekenmeesters kan in al jou behoeftes rakende boekhouding en belasting voorsien. Ons stel finansiële state op, bied raad oor belasting en kan ook vir ouditdienste reël.
  • HGG Welvaart bestuur langtermyn- finansiële beplanning en beleggings. Ons portefeulje van dienste sluit beleggingsadvies, transaksies in buitelandse valuta, lewensversekering en mediese dekking in.
  • HGG Trust verseker dat jou finansiële wense in die toekoms uitgevoer word. Kontak ons vir trustdienste, die opstel van testamente, en boedelbeplanning en -administrasie.
  • HGG BEEadvised het jare ervaring in hulpverlening aan kliënte om aan die Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging Kodes van Goeie Praktyk te voldoen.
  • HGG Tegnologie Ondersteuning help jou onderneming om 'n splinternuwe kliëntebasis deur middel van aanlyn dienste en outomatisering te bereik. Ons kan tegnologie vir jou laat werk.
  • HGG Konsult funksioneer soos jou eie sake-adviseur. Ons kan help met sakeplanne, waardasies, kapitaal vir sake-uitbreiding, lenings en dies meer.
  • Helderberg Insurance Brokers het 'n trotse geskiedenis (meer as 50 jaar!) in die verskaffing van pasgemaakte versekeringsoplossing vir 'n wye verskeidenheid kliënte. Sê vir ons wat jy nodig het en ons sal luister.
  • HGG NPO Sustainability Solutions fokus veral op die behoeftes van organisasies sonder winsbejag (NPO's). Ons sal jou met geesdrif help om jou NPO doeltreffend en suksesvol te bestuur.

Die HGG Finansiële Groep het vier kantore in die Wes-Kaap – in Somerset-Wes, Durbanville, Paarl en Clovelly. Vir verdere inligting, besoek asseblief ons webwerf by www.hggroep.co.za of skakel ons by (021) 851 2778.