Nuus argief

 

Die HG Groep glo in superdoeltreffende diens en advies aan ons kliënte.

Nuus argief >>

Ons het dus nou 'n kantoor in die Paarl, met direkteur Leras Uys aan die stuur. Leras sal kliënte egter steeds bedien waar dit hulle ook al pas.

Dit beteken kliënte kan nou staat maak op rekeningkundige dienste asook 'n verskeidenheid finansiële dienste vanuit ons kantore in Somerset-Wes, Durbanville en die Paarl. Petro Hartman is die direkteur in die Somerset-Wes-kantoor en Johan Schoeman die direkteur in beheer van die Durbanville-kantoor. Hulle werk almal nou saam met Hendrik Gerryts, stigter en hoof- uitvoerende beampte, wat vanuit die Somerset-Wes-kantore werk.
 
Leras se kliëntestate sal nou namens HGG Paarl versprei word. Die bankbesonderhede het ook verander en sal op die state aangedui wees.

Die volgende dienste word by al ons kantore aangebied:

  • Professionele boekhouding
  • Advies oor mediese fondse
  • Welvaartbestuursdienste
  • Ondersteuningsdienste vir organisasies sonder winsbejag
  • Tegniese ondersteuning
  • Trust- en boedeldienste
  • Korttermynversekering
  • Besigheidskonsultering

Skakel ons gerus oor enige van die dienste hierbo – by enige kantoor wat jou pas.
Somerset-Wes: 021 851 2778
Paarl: 021 870 1038
Durbanville: 021 979 3900