Nuus

Belê vir jou toekoms

Nuus >>

Om in jou toekoms te belê, is nie onderhandelbaar nie. "Moenie die fout maak om aan te neem jou pensioenfonds gaan in al jou aftreebehoeftes voorsien nie – dit is noodsaaklik om ook deur middel van ander beleggingsmiddele vir jouself voorsiening te maak," is HGG Welvaart-direkteur Niek van den Berg se raad.

HGG-beleggingsportefeuljes

HGG bied sy kliënte 'n keuse van twee verskillende beleggingsportefeuljes, naamlik die portefeulje HGG Balanced Reg 28 of, vir dié wat onwilliger is om risiko's aan te gaan, die portefeulje HGG Cautious Income and Growth. Beide portefeuljes behels 'n gemengde belegging bestaande uit plaaslike en internasionale aandele, geldmarkbeleggings, vaste rente en eiendomsbeleggings. Cautious Income and Growth neig meer na stabieler beleggingsopsies, soos geldmark en vaste rente, terwyl Balanced Reg 28 sterk op plaaslike en internasionale aandele fokus.

Niek verduidelik dat hierdie twee beleggingsportefeuljes vir HGG-kliënte - wat deur MitonOptimal bestuur word - die volgende bied:

  • aktiewe monitering, d.w.s. herbalansering van bateklasse,
  • fondsnavorsing (daar is meer as 1 500 geregistreerde effektetrusts in Suid-Afrika),
  • hersiening van beleggings met fondsbestuurders,
  • en kwartaallikse verslagdoening.

Hierdie beleggingsoplossing kan ook saamgestel word om spesifiek by jou persoonlike risikoprofiel te pas, wat kan wissel van 'n lae risiko tot 'n hoë/diskresionêre risiko. Jy kan ook kies tussen 'n kort-, medium- of langtermyn-beleggingsraamwerk. Daarbenewens is hierdie portefeuljes ontwerp om vereiste fondse, pensioenfondse asook diskresionêre fondse te akkommodeer.

Beide portefeuljes, HGG Balanced Reg 28 en HGG Cautious Income and Growth, het hul normprestasie oor die afgelope ses maande oortref. Klik hier vir die mees onlangse kwartaalverslae vir beide portefeuljes.

Op die oomblik is hierdie beleggingsportefeuljes op die Allan Gray- en Investec-beleggingsplatforms beskikbaar, en vereis 'n minimum maandelikse belegging van R500 (via debietorder) of 'n enkelbedrag-belegging van R20 000. Die uitbreiding daarvan na ander beleggingsplatforms, soos Discovery en Sanlam Glacier, word tans ondersoek.

Hoe gemaak om te belê?

Kontak HGG Welvaart vandag nog by Somerset-Wes (021) 851 2778; Durbanville (021) 979-3900; of die Paarl: (021) 870-1038, waar een van ons welvaartbestuurders jou sal adviseer oor die beste beleggingsportefeulje vir jou individuele behoeftes.

Wie is MitonOptimal?

Ons is 'n onafhanklike diskresionêrefondsbestuursonderneming, in eienaarsbesit, met 'n teenwoordigheid in die Kanaaleilande, Suid-Afrika, Londen, die Isle of Man en Asië. Ons is platform-, fonds- en fondsbestuurder-agnosties. Ons voorsien al meer as 'n dekade lank diskresionêrefondsbestuursdienste, beide internasionaal en in Suid-Afrika. Ons het ervare beleggingspanne, in beide Guernsey en Suid-Afrika, wat op beleggingsnavorsing en portefeuljebestuur fokus.
Ons pas ons dienste by die spesifieke behoeftes van 'n finansiële beplanner en sake-eienaar aan. Ons administreer al vir meer as 'n dekade lank modelportefeuljes en beskik oor 'n hoogs ervare kliëntediensspan om administratiewe steun van 'n hoë gehalte te kan bied.