Nuus

 

Belasting in 'n neutedop

Nuus >>

Hier is wat jy moet weet om in 2017 op hoogte van jou belastingvereistes te bly.

Belastingsperdatum – nie juis 'n inspirerende woord nie... Die goeie nuus is dat HGG Professionele Rekenmeesters hier is om hulp te verleen. Moet asseblief nie huiwer om ons te skakel vir raad of hulp met enige van die ondergemelde belastings nie.

NOU VERPLIGTEND:

Voorlopige-belasting-opgawes
'n Belangrike belastingsperdatum is net om die draai. As jy voorlopige belasting betaal, moet jou eFiling-opgawe vir die 2015/2016-aanslagjaar voor of op 31 Januarie 2017 ingedien word.

VORENTOE:

  1. Persoonlike inkomstebelasting
    Moenie hierdie jaar se belastingopgawe vergeet nie. Die 2016/2017-aanslagtydperk loop van 1 Maart 2016 tot 28 Februarie 2017 en dis dus belangrik om te begin met voorbereiding vir indiening later vanjaar. Die openingsdatum vir indiening in die volgende belastingseisoen is 1 Julie 2017. Jy kan vanaf hierdie datum jou persoonlike belastingopgawe indien en die sperdatum is gewoonlik aan die einde van September (by 'n SAID-tak) of November (op eFiling) van elke jaar.
  1. Ondernemingsbelasting

    Kleiner ondernemings
    Baie kleiner ondernemings kom in aanmerking vir belastingverligting in die vorm van óf omsetbelasting óf belasting vir Kleinsakekorporasies (SBC).
    • Omsetbelasting is beskikbaar vir mikro-ondernemings (jaarlikse omset van R1 miljoen of minder). Dit word op omset eerder as inkomste gehef, en is administratief gesproke eenvoudiger omdat dit BTW, voorlopige belasting, inkomstebelasting, kapitaalwinsbelasting, sekondêre belasting op maatskappye (STC) en dividendbelasting vervang. Omsetbelasting moet teen 28 Februarie 2017 ingedien word, en weer nie later as die einde van Augustus 2017 nie.
    • SBC-belasting geld vir kleiner ondernemings met 'n inkomste van minder as R20 miljoen in die jaar van aanslag (daar is ook 'n paar ander vereistes). Dit bied toenemende belastingkoerse en toelatings vir aftrekkings.

Skakel gerus HGG Professionele Rekenmeesters as jy hulp met die indiening van jou omset- of SBC-belasting nodig het.

Groter ondernemings:
Groter ondernemings moet vir Korporatiewe Inkomstebelasting (CIT) registreer en binne 12 maande ná die einde van 'n boekjaar hul opgawes indien. Van groter ondernemings word ook vereis om sesmaandeliks voorlopige-belasting-opgawes in te dien ('n skatting van totale inkomste).

  1. Belasting op toegevoegde waarde (BTW)
    As jou onderneming in enige opeenvolgende 12-maande-tydperk 'n inkomste van meer as R1 miljoen verdien het of as daar so 'n moontlikheid bestaan, word daar van jou vereis om vir BTW te registreer. BTW moet vervolgens elke maand met die hand of elektronies by SAID ingedien word.
  1. Werknemerbelasting
    As werkgewer moet jy vir jou werknemers se bydraes tot die lopendebetaalstelsel (LBS), vaardigheidsontwikkelingsheffings en Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) registreer. Besonderhede oor jou werknemers moet ook maandeliks deur middel van 'n werkgewerverklaringsvorm bygehou word. Die goeie nuus is dat HGG Professionele Rekenmeesters hierdie maandelikse opgawes namens jou kan bestuur. Dit sal jou meer tyd gee om te fokus op die groei van jou onderneming.

Ons kan help...
Voel jy bietjie belas en belade met al hierdie praatjies oor belasting? Laat ons asseblief weet hoe ons jou kan help. Stuur gerus e-pos na Petro Hartman (Somerset-Wes), Leras Uys (Paarl) of Gunter Droste (Durbanville). Of skakel ons by (021) 851 2778. Moenie te lank uitstel nie!