Nuus

 

Bankdienste geskik vir jou behoeftes

Nuus >>

Geniet ’n hele reeks voordele wanneer HGG Welvaart as jou private bankier optree.

Banktransaksies hoef nie ’n beslommernis te wees, en lang toue en onbeantwoorde e-posse te beteken nie. HGG Welvaart bied ons kliënte ’n wye reeks bankdienste by toonaangewende banke soos Nedbank, Mercantile Bank, Grindrod Bank en ABSA (buitelandsevaluta-transaksies).

Ons tree namens jou op – as ’n private bankier – in transaksies by hierdie banke en kan jou dus uitstekende diens en voorkeur-rentekoerse teen minimale koste bied.  Die reeks dienste beskikbaar sluit in alle daggeldrekeninge, 32-dag-kennisgewingsrekenings, vaste deposito’s en buitelandsevaluta-transaksies, sê HGG Welvaart-direkteur Niek van den Berg.

“Hierdie bankdienste gee ons kliënte regtig ’n groot keuse wanneer beleggings gedoen word. Fondse in daggeldrekeninge is binne 24 uur na versoek beskikbaar, terwyl jy ook kan kies om in ’n vaste deposito vir tot vyf jaar te belê en so uit hoër rentekoerse voordeel te trek,” sê Niek.

“Die rentekoerse wat ons ons kliënte kan bied, is baie mededingend en in sommige gevalle selfs beter as die kleinhandelskoerse wat die banke bied,” sê hy verder.

Niek raai kliënte aan om te diversifiseer wanneer hulle hul beleggingsportefeuljes struktureer. “Dit is altyd raadsaam om fondse in ’n daggeldrekening of soortgelyke fasiliteit te hê wat jy in ’n noodgeval kan gebruik. Die res kan oor plaaslike en buitelandse beleggingsvoertuie versprei word. Elke kliënt het ’n unieke stel behoeftes, en daarom beveel ons ’n persoonlike konsultasie en finansiële behoeftebepaling sterk aan,” sê hy.

As jy jou beleggingsportefeulje wil versterk en by die beslommernisvrye bankdienste baat wat HGG Welvaart bied, kontak ons vandag nog by (021) 851 2778 of stuur ’n e-pos aan Niek by niek@hggroep.co.za.