HGG Welvaart

HGG Welvaart bied 'n holistiese benadering tot finansiële en gesondheidsbeplanning om sodoende aan kliënte gemoedsrus oor hul finansiële toekoms te gee. HGG Welvaart bied die bestuur van bankrekeninge, buitelandsevaluta-transaksies, beleggings- en lewensversekeringsdienste en medieseskemadienste.

Lewensversekering en beleggingsdienste

As 'n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP no. 44905), bied HGG Welvaart waardevolle advies oor aftreebeplanning, beleggings en risikobeskerming wat insluit lewens-, ongeskiktheid-, ernstige siektes- en inkomsbeskerming-versekering en verseker so doeltreffende langtermyn- finansiële beplanning.

Ons verhoudings met verskeie plaaslike en internasionale finansiëledienstemaatskappye, insluitende Discovery, Liberty, PPS, Sanlam, Ou Mutual, Brightrock en Momentum, stel ons in staat om aan jou onafhanklike advies en gepaste produkte volgens jou unieke omstandighede en behoeftes te bied.

HGG Welvaart funksioneer onafhanklik en bestuur beleggings regstreeks met beleggingshuise en versekeringsmaatskappye. Met meer as 25 jaar se gekombineerde ervaring, spesialiseer HGG Welvaart ook in beplanning vóór en ná aftrede en kan kliënte help met plaaslike en internasionale beleggings en portefeuljes.

Bankdienste

HGG Welvaart dien as private bankier vir Investec Bank, wat beteken die opening van elektroniese rekeninge, betalings en onttrekkings gebeur alles reg hier by ons kantore. Ons bied daggeldrekeninge, geldfonds-daggeldrekeninge asook vastedepositorekeninge vir 'n tydperk van sewe dae tot 12 maande. Ons hef geen administratiewe gelde, kommissie of bankkoste nie en jou geld is binne twaalf uur beskikbaar. Boonop is die rentekoers wat gebied word, hoër as die gemiddelde bankkoerse.

Buitelandse valuta

HGG Welvaart bestuur ook buitelandsevaluta-transaksies deur Investec. Ons help jou met die optimalisering van al jou wisselkoersomskakelings en risikobestuursbesigheid, ontwerp vir korporasies, kleiner maatskappye en semistaatsinstellings. Kliënte kan kies uit 'n ten volle gradeerbare stel professionele risikobestuursdienste vir buitelandse valuta (FX).

Hierdie dienste behels:

  • Beste koers: Ons baie vaardige en ervare FX-transaksiespan werk namens al ons kliënte om die mededingendste uitvoerkoers in hierdie vinnige, komplekse markplek te verkry.
  • Strategie vir termyndekking: Ons werk saam met jou professionele finansiële en sakeverteenwoordigers om die doeltreffendste termyndekkingsprogram te ontwerp, gebaseer op jou beleide en spesifieke sakevereistes gekombineer met ons uitstekende kennis van die tegniese en fundamentele kenmerke van die FX-mark.
  • Belastingsklarings: Ons doen namens ons kliënte aansoek vir belastingklaring vir individue wat oorsese beleggins tussen R1 miljoen en R10 miljoen wil maak. Ons doen ook die oorbetaling hiervan.
  • Invoerders: Ons spesialiseer ook daarin om invoerders se buitelandse betalings aan hul verskaffers te betaal teen ons mededingende wisselkoerse.
  • Uitvoerders: Uitvoerders en individue wat vreemde valuta van oorsee ontvang, het ook die voordeel van ons mededingende wisselkoers en geen kommissie wat betaalbaar is op die fondse nie.
  • Reisigers: Ons reël reistoelaes vir Suid-Afrikaners wat oorsee gaan reis.
  • Administrasie: Ons kan omsien na al die beslommernis wat gepaard gaan met die bevestiging, betaling, regulerende nakoming en verslagdoening verbonde aan FX-transaksies.

Gesondheidsorg-versekering

Dit is nie altyd moontlik om jou gesondheid te beskerm nie, maar dit is moontlik om finansiële voorsorg te tref vir mediese sorg vir wanneer jy dit die nodigste het. HGG Welvaart is 'n geakkrediteerde lid van die Raad op Mediese Skemas en gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP nr 44905) en fokus daarop om gesondheidsorg-versekering so duidelik en eenvoudig as moontlik te maak. Ons verteenwoordig 'n wye reeks geakkrediteerde mediesehulpmaatskappye, insluitend Discovery Health, Momentum, Medihelp, Fedhealth, Medshield, Profmed en Bonitas. Dit stel ons in staat om jou van onafhanklike advies oor die beste mediese plan vir jou behoeftes te voorsien.

Die dienste wat ons deur HGG Welvaart bied, behels mediesehulpfondse, hospitaalplanne, welstandsprogramme, gapingsdekking (GAP cover), binnelandse en internasionale gesondheidsversekering en mediese versekering.

HGG beleggingsportefeulje:

Om die onlangse resultate te sien van die beleggingsportefeuljes wat deur MitonOptimal vir HGG bestuur word, kliek gerus op die skakels hieronder:
HGG Balanced Reg 28 portfolio
HGG Cautious Income & Growth portfolio

Ons span

Direkteure

Hendrik Gerryts
Hoof- uitvoerende beampte
Leras Uys
 
Niek van den Berg
 

Welvaartbestuurders

David Walker
 
Dennis Robertson
 

Buitelandse valuta

Jackie Fourie
 

Bankdienste

Leonie Geldenhuys