HGG BEEadvised

Breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging (B-BBEE) is vandag 'n integrale deel van die bestuur van 'n besigheid. HGG BEEadvised kan maatskappye help om te verseker dat hulle die vereistes van die kodes van goeie praktyk nakom. Hierdie B-BBEE kodes van goeie praktyk moet in die ontwikkeling, evaluering en monitor van BEE-handveste, inisiatiewe, transaksies en ander implementeringsmeganismes toegepas word.

HGG BEEadvised bied 'n professionele diens om jou te help om jou B-BBEE-verifikasiebeoordeling te verbeter – hetsy deur eienaarskap, bestuurskontrole, vaardigheidsontwikkeling, besigheid- en verskaffersontwikkeling en sosio-ekonomiese ontwikkeling. Ons bied jou ‘n diens wat van toepassing is op jou bedryf en wat jou B-BBEE telbord sal verbeter.

HGG BEEadvised kan jou ook ondersteun met die verkryging van die nodige B-BBEE-dokumente en geverifiëerde sertifikate.

Ons span

Direkteur

Hendrik Gerryts
Hoof- uitvoerende beampte