Nuus argief

 
Dis tyd vir rus en besinning

2016 was 'n merkwaardige jaar in Suid-Afrika – en die wêreld oor die algemeen. Nietemin kon die HGG Finansiële Groep daarin slaag om tussen die politieke onstuimigheid 'n bestendige en veilige reeks finansiële dienste aan ons gewaardeerde kliënte te verskaf. Ons agt divisies en vier kantore in die Wes-Kaap bied gespesialiseerde raad en kundigheid aan 'n diverse groep kliënte, wisselend van kleinsake-eienaars tot private beleggers en organisasies sonder winsbejag.

Daar is nog dinge in die lewe wat nie 'n sent kos nie...

Alhoewel iets soos 'n gratis ete nie bestaan nie, beteken dit nie dat daar wel waardevolle dinge is wat jou nie 'n sent sal kos nie. HGG Trust sal gedurende Nasionale Testamentweek (12 tot 16 September 2016) jou testament kosteloos opstel. Ja, dis reg – heeltemal kosteloos en met geen voorwaardes aan verbonde nie.

Dit is tyd vir jou inkomstebelastingopgawe

Die 2016-inkomstebelastingseisoen vir individue het op Vrydag 1 Julie 2016 geopen. Die betrokke aanslagjaar loop van 1 Maart 2015 – 29 Februarie 2016. Gedurende die inkomstebelastingseisoen moet jy jou inkomstebelastingopgawe (ITR12) indien sodat die inkomstebelasting met die belasting-aftrekbare uitgawes vir die aanslagjaar gerekonsilieer kan word. Dit is belangrik om dit te doen aangesien die netto resultaat dalk selfs 'n belastingterugbetaling kan wees.

Gesondheid en fiksheid op jou voorstoep in Durbanville

Jou gesondheid en fiksheid is twee van jou waardevolste bates. Om voldoende aandag aan albei te gee behoort 'n belangrike deel van jou langtermyn- finansiële en leefstylbeplanning uit te maak.

Sluit aan by HGG se dinamiese span

Die HGG Finansiële Groep brei voortdurend uit en ons soek nou talentvolle nuwe spanlede wat by ons wil aansluit. Ons het die volgende werksgeleenthede by ons kantore in Somerset-Wes en die Paarl.

So kan jy op elektrisiteit en belasting bespaar

Het jy geweet sonkrag kan help met 'n besparing op jou belastingrekening? HGG Professionele Rekenmeesters verduidelik die nuwe bepalings van die Wysigingswet op Belastingwette.

Vakature beskikbaar: Ervare finansiële beplanner

Pos: Ervare finansiële beplanner
Plek: Somerset-Wes-/Stellenbosch-/Paarl-tak
Tipe pos: Permanent
Vergoeding: Vergoedingspakket wat toonaangewend in die mark is

Woon ons welstandsdae by!

'n Nuwe jaar is die perfekte tyd om met 'n skoon lei te begin.

SAIPA- rekeningkundige klerk: HGG Paarl

Die HGG Finansiële Groep het die volgende poste by ons kantoor in die Paarl beskikbaar:

’n Trotse verskaffer van professionele eiendomsopleiding

Is jy ’n geregistreerde intern of agent met volle status wat by die Raad op Eiendomsagentskapsake geregistreer is?

Is jou versekering brandbestand?

Januarie en Februarie is die warmste en droogste maande van die jaar in die Wes-Kaap, met wegholbrande 'n groot kopseer. Ons bevind ons op die oomblik reg in die middel van die brandseisoen, met brande wat kort-kort op die berge, plase en woongebiede rondom ons uitbreek.

Hou tred met jou belasting in 2016

Die nuwe kalenderjaar het dalk nou net begin, maar die uurglas is vinnig besig om uit te loop vir die huidige belastingjaar.

Sluit aan by ons dinamiese span

Is jy gemotiveerd, toegewyd en passievol oor die finansiële wêreld? Hoekom neem jy nie jou loopbaan na die volgende vlak in 2016 nie? Die HGG Finansiële Groep het die volgende poste by ons kantoor in Somerset-Wes beskikbaar:

'n Geseënde feesgety van die HGG Finansiële Groep

Die HGG Finansiële Groep wens al ons kliënte en hul gesinne 'n baie geseënde feesgety toe.

Dit is tyd vir 'n blaaskans

By die HGG Finansiële Groep bly ons getrou aan ons leuse van "toekomsgerigte finansies" en het die afgelope jaar nuwe en innoverende uitdagings aangepak.

Laat die papierwerk aan ons oor

'n Groot deel daarvan om 'n mens se eie onderneming te hê, beteken die invul van 'n nimmereindigende stroom papierwerk, wat verskeie verslae, vorms en handleidings insluit. Die sperdatum vir die indiening van twee van hierdie items – PAIA-handleidings en EE-verslae – lê voor die deur.

Op pad oorsee vir die vakansie?

Maak 'n punt daarvan om vandag nog vir HGG Beleggings te kontak.

Maak die regte besluit vir jou gesondheid in 2016

Voorsien jou mediese fonds nie in jou behoeftes nie? Medbroking kan jou help om 'n fonds vir 2016 te vind wat jou perfek pas.

Is jy so gesond as wat jy kan wees?

Jou algemene welwees rus op drie sleutelpilare: jou liggaamlike gesondheid, jou fiksheidsvlak en jou dieet.

HIB wen tweede goue toekenning dié jaar!

Dít wil gedoen wees! Helderberg Insurance Brokers (HIB) het pas sy tweede goue toekenning vir die jaar ontvang vir uitstaande diens en winsgewendheid.

Slaan af vir 'n goeie saak

Bespreek nou vir ForwardFund se jaarlikse gholfdag op 20 November 2015 by die Clovelly-buiteklub. Ons sien daarna uit om op die setperke die dag met jou deur te bring deur ons gholfstokke vir 'n goeie saak te swaai.

HGG Trust sal jou testament gratis opstel of bywerk

Nasionale Testamentweek duur van 14 -18 September 2015. Om hierdie week te vier, bied HGG Trust aan om jou testament gratis op te stel.

Belê in goud met HGG Welvaart

HGG Welvaart is trots op sy verbintenis nou met SA Gold Bullion, wat beteken ons kan ons kliënte help om Krugerrande teen die beste pryse te koop, te stoor en te verseker. 

HGG Durbanville nou in groter, beter kantore

Dit is drie weke later, en ons bly opgewonde oor ons trek na ons nuwe Durbanville-kantoor!

Kom deel en leer by HGG se Vrouedag-inisiatiewe

Die HGG Finansiële Groep is met trots - via die ForwardFund Trust - betrokke by die Women Investment Network (WIN), 'n inisiatief vir die stigting van voortgesette vennootskappe tussen vroueleiers in besigheid en maatskaplike-ondernemingsgroepe.

Jou eenstop tegnologie-oplossing

HGG Tegnologie Ondersteuning is jou ideale eenstopwinkel vir tegnologie-oplossings – van die ontwikkeling en installering van hoogs tegniese netwerke en databasisse met die gepaardgaande ondersteuning tot die voorsiening van IT-hardeware en rekenaarondersteuning.

HIB wen prestigetoekenning

Helderberg Insurance Brokers (HIB), 'n divisie van die HGG Finansiële Groep, is die trotse wenners van Santam Boland se Goue Makelaarstoekenning vir uitnemende prestasie vir 2014.

Belê vandag in 'n belastingvrye spaarrekening

Ons is bly om aan te kondig dat Investec se belastingvrye spaarrekening (BVSR = TFSA) nou ook vir HGG Invest-kliënte beskikbaar is. Moenie wag nie – trek voordeel uit hierdie belastingdoeltreffende manier waarop jy jou beleggings kan bestuur.

Vertrou ons met jou planne

Wil jy 'n nuwe onderneming begin, jou bestaande een uitbrei of wil jy net die huidige stand van jou sake bevestig?

Ongelooflike geleenthede wag by HGG

Ons finansiële maatskappy groei vinnig, en ons is op soek na wonderlike nuwe mense wat by ons span kan aansluit.

Hoe gaan dit met jou gesondheid?

Goeie gesondheid, welwees en welstand behoort drie towerwoorde te wees in elkeen se lewe. HGG Welvaart, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, wil jou ondersteun hiermee en bied nou saam met Discovery Health Vitality en Momentum Health omvattende welweesdae aan sodat jy op hoogte kan bly van jou welweesstatus en ook welweespunte verdien.

BEURTKRAG: Só raak dit jou versekering

Beurtkrag is hier om te bly. Maar hoe raak dit jou korttermynversekering? Is jy gedek vir diefstal of elektroniese skade terwyl die krag af is? Helderberg Insurance Brokers (HIB) gee antwoorde op hierdie vrae.

Sien om na jou gesondheid

Wêreldgesondheidsdag word oral ter wêreld op 7 April gevier. Hoewel die fokus vanjaar op voedselveiligheid val, is dit ook die perfekte dag om jouself daaraan te herinner om na jou eie gesondheid en welstand om te sien.

Kry jou B-BBEE-sertifikate in orde

Laat HGG BEEadvised jou help om jou B-BBEE-sertifikate te kry voor die nuwe, strenger vereistes in werking tree.

Hoe gaan dit met jou gesondheid?

HGG Welvaart, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, is verbind tot die welvaart en welstand van ons kliënte. Goeie nuus vir lede van Discovery Health Vitality of Momentum Health is dat dit nou makliker as ooit is om op hoogte te bly van jou welweesstatus en om welweespunte te verdien.

Hoe die begroting jou sak gaan raak

Die minister van finansies, Nhlanhla Nene, se nuwelingstoespraak het gemengde reaksie ontlok. Hoewel die tariefverhogings vir persoonlike inkomstebelasting minder aggressief is as wat gevrees is, voel baie ontleders die regering het nie genoeg stappe gedoen om sy eie besteding aan bande te lê nie.

Ons het vakatures!

Wil jy by ons dinamiese finansiële groep aansluit? Ons het poste beskikbaar by die volgende kantore:

Die volle finansiële pakket

Die HGG Finansiële Groep is trots daarop om jou gespesialiseerde kundigheid te bied met die magdom aspekte wat met die bestuur van jou eie sakeonderneming en finansies saamhang.

Dankie Petro!

Petro Hartman vier vanjaar haar vyftiende jaar by HGG Finansiële Groep. Die onskatbare bydrae wat sy tot die sukses van die besigheid gelewer het, blyk duidelik uit die lojale verhoudings wat sy met haar kliënte opgebou het en die hoë standaarde wat sy altyd handhaaf.

Ons bied die volle pakket

Op soek na iemand wat jou met jou belasting- of ander rekeningkundige dienste kan help? Praat met HGG Professionele Rekenmeesters. Ons bied 'n wye reeks belasting- en rekeningkundige dienste aan individue en sakeondernemings.

Feesgroete

Die tyd het aangebreek om te rus, te ontspan en 2014 in oënskou te neem. Die afgelope jaar het talle opwindende verwikkelings by die HGG Finansiële Groep opgelewer. Ons het onder meer 'n splinternuwe korporatiewe identiteit ontwikkel om ons dinamiese, uitgebreide portefeulje te weerspieël, wat nou agt divisies en vier kantore in die Wes-Kaap insluit.

Hulp vir die vakansie

Hier teen die einde van die jaar is dit tyd vir 'n welverdiende blaaskansie. Só kan HGG Beleggings jou lewe makliker maak sodat jy vinniger met vakansie kan gaan.

Bring vreugde in 'n kind se lewe hierdie Kersfees

Vanjaar borg ForwardFund vir Huis Van Heerde in Moorreesburg as ons Kersprojek.

Wees slim met jou mediese beplanning

Behoorlike beplanning is noodsaaklik vir jou gesondheidsorg-behoeftes, maar 'n mens kan so maklik deur die geweldige verskeidenheid mediesefonds- en ander gesondheidsorg-opsies daarbuite oorweldig raak.

Ons groet Johan Schoeman

Dit is met groot leedwese dat die personeel van die HGG Finansiële Groep die afsterwe van Johan Schoeman, direkteur by HGG Professionele Rekenmeesters Schoeman Gerryts in Durbanville, aankondig.

Maak 'n afspraak met jou gesondheid!

HGG Welvaart, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, maak dit vir lede van Discovery Health en Momentum Multiply makliker om hul gesondheidstatus te evalueer, welweespunte te verdien en so hul welweesstatusvlakke te verhoog.

Finding ways to make NPOs sustainable (Artikel net in Engels beskikbaar)

Tina Thiart, director of HGG NPO Sustainability Solutions, shares her views on NPO development and entrepreneurship.

Raising funds for a new South Africa (Artikel net in Engels beskikbaar)

Tina Thiart, director of HGG NPO Sustainability Solutions, shares her views on fundraising in South Africa.

Optimaliseer jou aftree-spaargeld deur in 'n indeksfonds te belê

Watter persentasie van jou aftree-spaargeld bestee jy aan administrasie- en makelaarsfooie? HGG Welvaart bied jou nou die geleentheid om jou fooie aansienlik te verminder wanneer jy vir jou aftrede spaar.

Veilige, gerieflike debietordermeganisme vordelig vir jou onderneming

Op soek na 'n veilige en gerieflike aanlyn-debietorderstelsel om moeitevrye transaksies te verseker? HGG Tegnologie Ondersteuning het die oplossing.

HGG Welvaart help jou om jou geld te bestuur

Laat HGG Welvaart jou help om jou buitelandsevaluta-transaksies (FX) en kontantbestuursdienste te bestuur. Ons het die kennis en ervaring om jou geld vir jou te laat werk.

Ons voorsien in NPO's se besondere behoeftes

HGG NPO Sustainability Solutions beskik oor al die ervaring en kennis wat nodig is om organisasies sonder winsbejag (NPO's) van 'n gespesialiseerde reeks finansiële, ontwikkelings- en tegnologiese dienste te voorsien.

HGG bied B-BBEE-advies en -ondersteuning

HGG Finansiële Groep kondig met trots aan die stigting van 'n nuwe divisie, HGG BEEadvised. Hierdie nuwe divisie is die agste in hierdie toekomsgerigte finansiële groep.

Trust verwelkom nuwe direkteur

Met amper 30 jaar se praktiese ondervinding in die trustbedryf is dit net gepas dat Linda van Greuning nou as direkteur van HGG Trust aangestel is.

Die HG Groep glo in superdoeltreffende diens en advies aan ons kliënte.

Ons het dus nou 'n kantoor in die Paarl, met direkteur Leras Uys aan die stuur. Leras sal kliënte egter steeds bedien waar dit hulle ook al pas.