Nuus

 
Ons bankdienste brei wesenlik uit

Ons het opwindende nuus vir diegene wat op soek is na finansiële dienste van wêreldklas: HGG Welvaart het sy reeks produkte in bankdienste en buitelandse valuta uitgebrei.

HGG-kliënte spaar met MedicAlert®

Ons het opwindende nuus vir HGG Finansiële Groep se kliënte: Sluit in November 2017 by MedicAlert® aan en jy spaar die registrasiegeld van R181.  

Belangrike bywerking van wetgewing oor lenings aan trusts

Voorgestelde wetgewing wat die belastingbehandeling raak van lenings wat aan trusts gemaak is, gaan waarskynlik aansienlike implikasies vir jou boedelplanning inhou, veral as daar ’n trust ter sprake is. Lees hier oor wat jy moet weet van die wysigings wat voorgestel word vir artikel 7C van die Inkomstebelastingwet.

Kies jou mediese dekking vir 2018

Dit is nou die tyd van die jaar om jou mediese dekking vir 2018 in oënskou te neem. Tussen 1 November en middel Desember vanjaar kry jy die kans om jou mediese dekking vir die volgende jaar aan te pas.

Jou kolhou kan behoeftiges help

Die ForwardFund Jaarlikse Gholfdag is ’n kans om te spog met jou vernuf op ’n pragtige gholfbaan terwyl jy terselfdertyd bydra tot die behoeftes van vooraf goedgekeurde organisasies sonder winsbejag.

Datum: Donderdag, 16 November 2017
Tyd: Eerste afslaan om 11:00
Plek: Clovelly-buiteklub, Clovelly

Belê vir jou toekoms

Om in jou toekoms te belê, is nie onderhandelbaar nie. "Moenie die fout maak om aan te neem jou pensioenfonds gaan in al jou aftreebehoeftes voorsien nie – dit is noodsaaklik om ook deur middel van ander beleggingsmiddele vir jouself voorsiening te maak," is HGG Welvaart-direkteur Niek van den Berg se raad.

Ter viering van vroue met inspirasie

ForwardFund nooi jou na sy inspirerende Vrouedag-tee by die Lourensford-mark Saterdag 12 Augustus 2017. "Hierdie geleentheid het 'n hoogtepunt op die ForwardFund-kalender geraak want dit stel ons in staat om die werk van sommige van ons buitengewoon talentvolle vroulike entrepreneurs te vertoon," sê ForwardFund-direkteur Tina Thiart.

Verseker jou eiendom!

Miljarde rande se skade is aangerig aan eiendomme tydens die onlangse Knysna-brande. Hoe moet jy sorg jou eiendom is voldoende verseker in die geval van só 'n ramp?

"Brand is 'n standaardversekerde gevaar in enige polis wat bates verseker. Die meeste gebouversekeringspolisse dek ook addisionele kostes soos brandbluskostes, puinverwyderingskostes, slopingskostes, professionele fooie en ook tydelike alternatiewe verblyfskostes," sê Johan Potgieter, direkteur van Helderberg Insurance Broker (HiB).

Dit is tyd vir jou inkomstebelastingopgawe

Die 2017-inkomstebelastingseisoen vir individue het op 1 Julie 2017 geopen. Die betrokke aanslagjaar loop van 1 Maart 2016 – 28 Februarie 2017. Gedurende die inkomste-
belastingseisoen moet jy jou inkomstebelastingopgawe (ITR12) indien sodat die inkomstebelasting met die belasting-aftrekbare uitgawes vir die aanslagjaar gerekonsilieer kan word.

Hoe raak nuwe wysigingswet jou besigheid?

HGG Finansiële Groep bring jou op hoogte van die Wysigingswet op die Finansiële Intelligensiesentrum en wat dit vir jou as sake-eienaar inhou.

Waarom is daar 'n Wysigingswet op die Finansiële Intelligensiesentrum?

Suid-Afrika is lid van die FATF (finansiële-aksie-taakspan), 'n internasionale organisasie wat ten doel het om finansiële misdaad te voorkom. Suid-Afrikaanse finansiële instellings is voorheen deur die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum van 2001 gereguleer.

HiB is weer die beste in die Boland!

Helderberg Insurance Brokers (HiB) het vir die tweede agtereenvolgende jaar met die louere weggestap by die Santam-makelaarstoekenningsfunksie. By die toonaangewende funksie in Junie vanjaar het HiB die Diamant-toekenning vir die beste makelary in Santam se Boland-streek ontvang.

Jou gids tot B-BBEE deur HGG BEEadvised

'n Bywerking van die Kodes van Goeie Praktyk vir breëbasis swart ekonomiese bemagtiging (B-BBEE) het op 1 Mei 2015 in werking getree. Die wysiging van die kodes het 'n aansienlike uitwerking op die B-BBEE-nakomingsvlakke van Suid-Afrikaanse maatskappye gehad.

Uitstaande diens is kernbelangrik

Uitstaande diens is vir HGG Welvaart as gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP no. 44905) kernbelangrik. Daarom werk ons welvaartbestuurders saam met jou om jou toekomstige finansiële behoeftes te ontleed en die beste moontlike pasgemaakte advies te lewer.

Beplan vooruit vir gemoedsrus

Die huidige finansiële landskap in Suid-Afrika kan maklik aanleiding gee tot onsekerheid. Die land se onlangse afgradering tot rommelstatus deur twee internasionale graderings-agentskappe, die depresiasie van die rand en stygende inflasie is alles 'n bron van kommer. Die goeie nuus is dat gesonde finansiële beplanning altyd sal help om jou finansiële sekuriteit te beskerm en jou langtermyn-welvaart te verseker.

Ligte, kamera, aksie...

Die HGG Finansiële Groep het 2017 op 'n baie opwindende noot afgeskop. Ons het nie net 'n splinternuwe webwerf waarmee ons kan spog nie, maar is ook die trotse borg van Tyd met Aleit, 'n opwindende nuwe TV-reeks wat vanaf April op kykNET uitgesaai word.

Tyd met Aleit word vanaf 5 April elke Woensdag om 17:30 op kykNET (kanaal 144) uitgesaai. In dié program besoek Aleit Swanepoel, welbekende geleentheidsguru en stigter van die Aleit Groep, 'n paar Suid-Afrikaanse persoonlikhede aan huis en wys hulle hoe om pragtige tafeldekor te skep, terwyl hy hulle terselfdertyd 'n uitdaging in die vorm van 'n verrassingsmandjie gee.

Neem standpunt in teen misbruik

Die HGG Finansiële Groep is trots op sy verbintenis met die jaarlikse geleentheid 1000 Women 1 Voice in Kaapstad. Ons nooi jou om by ons aan te sluit vir middagete op 11 Mei 2017 om standpunt in te neem teen geweld wat teen vroue en kinders gemik is.

Kry 'n billike aandeel

'n Aandeelhouersooreenkoms is 'n noodsaaklike dokument vir enige maatskappy wat aandele uitreik. HGG Konsult kan jou help om hierdie belangrike dokument op te stel en ook te verduidelik wat die doel daarvan is.

Wat 2017 se begroting vir jou beteken

Die minister van finansies, Pravin Gordhan, se begrotingsrede vir 2017/2018 is 'n duidelike bewys van die finansiële uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar. Maar terwyl hoërinkomsteverdieners min vertroosting uit die begroting sal kan put, sal internasionale graderingsagentskappe waarskynlik in die tussentyd daardeur gepaai word. Gordhan se aandrang op die handhawing van finansiële dissipline en inkorting van staatskuld (wat nou meer as 50% van die BBP beloop) het 'n sterk boodskap oor die nasionale tesourie se finansiële integriteit uitgestuur.

Versekeringsrisiko's en jou verantwoordelikheid

Helderberg Insurance Brokers (HiB) beveel aan dat jy jou versekeringsdekking in stand hou deur jou versekeraar te laat weet van wesenlike veranderinge in risiko.

Om te verseker dat jou versekeringsdekking te alle tye geldig is, moet jy jou versekeraar inlig wanneer jou vlak van risiko verander. Om die waarheid te sê, die versekeringsmaatskappy is daarop geregtig om jou hele polis ongeldig te verklaar as jy:

Belasting in 'n neutedop

Hier is wat jy moet weet om in 2017 op hoogte van jou belastingvereistes te bly.

Belastingsperdatum – nie juis 'n inspirerende woord nie... Die goeie nuus is dat HGG Professionele Rekenmeesters hier is om hulp te verleen. Moet asseblief nie huiwer om ons te skakel vir raad of hulp met enige van die ondergemelde belastings nie.

Dit gaan 'n goeie jaar wees...

Die HGG Finansiële Groep is opgewonde oor die talle geleenthede wat in 2017 voorlê. Of jy nou 'n kleinsake-eienaar, 'n entrepreneur, 'n ontluikende magnaat of 'n dinamiese organisasie sonder winsbejag is, ons doeltreffende en bekwame personeel en direkteure sal na al jou sakebehoeftes kan omsien. Hier is hoe ons agt divisies jou sakebedrywighede op die voorpunt kan hou: