English      

HGG Finansiële Groep

Die HGG Finansiële Groep bied al sedert sy stigting in 1999 deur Hendrik Gerryts 'n wye reeks finansiële dienste aan 'n immer groeiende kliëntebasis. Die maatskappy met sy toekomsgerigte finansiële denke het sedertdien tot 'n formidabele krag in die finansiëledienste-arena gegroei deur die aanbied van finansiële dienste met die oog op die toekoms.

Ons reeks dienste is versigtig uitgesoek om in ons kliënte se huidige en toekomstige finansiële behoeftes te voorsien.

HGG bestaan uit agt divisies, wat wissel van rekeningkundige, oudit- en beleggingsdienste tot korttermynversekering en mediese dekking en tegnologie-oplossings. Ons het kantore in Somerset-Wes, Durbanville, die Paarl en Clovelly.

Kliënte baat by ons geïntegreerde diensaanbod aangesien al ons divisies saamspan om jou van optimale finansiële oplossings vir jou behoeftes te voorsien. Deur die sinergie tussen ons divisies kan ons elke diens volgens jou spesifieke vereistes aanpas, terwyl ons die ander elemente van jou finansiële portefeulje in aanmerking neem. Dit beteken jy baat by die kundigheid van 'n span wat die groter prentjie verstaan wanneer dit by die bestuur van jou finansiële sake kom.